Kyk: Lus vir skaak? Kom speel in monument se tuin

Niks soos ‘n lekker pot skaak in die buitelug nie. (Foto: FC Pelser/VTM)

Die Voortrekkermonument (VTM) het splinternuwe skaakborde in sy Historiese Trekroetetuin opgerig waar besoekers mekaar in die buitelug die stryd kan aansê.

Die VTM het oor die afgelope jaar sy kultuur- en speletjie-aanbod uitgebrei en ’n wêreldklas- interaktiewe museumervaring tot stand gebring. Die buitelug-skaakborde vorm deel van hierdie aanbod.

En sommige van die land se voorste skaakspelers het die borde reeds kom uittoets.

Die skaakborde vorm deel van die speletjiesaanbod by die Voortrekkermonument. (Foto: FC Pelser/VTM)

SA skaakkampioen Daniel Cawdery en Justin Wilken, een van die land se voorste spelers en ʼn voormalige SA speler, het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (en self ʼn uitnemende skaakspeler), vandeesweek die stryd aangesê.

Kyk hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.