Kyk: Plaasjapie se Roché Killian raak verloof

Die Plaasjapie-ster en sy verloofde, Sophie Carr. (Foto: Facebook/ Roché Killian)

Die gewilde Plaasjapie-deelnemer en sepiester Roché Killian is verloof. Hy het die nuus Vrydagaand in ʼn video op YouTube gedeel.

In die video vertel Killian dat hy graag Sophie Carr se pa om haar hand wil vra, maar dat haar pa oorsee woon. Die twee gaan al ongeveer ʼn jaar lank uit.

“Ek is so lief vir Sophie. Ek kan seker ʼn hele uur lank praat oor hoe lief ek haar het, maar hierdie video is veronderstel om vermaaklik te wees,” se hy, voordat hy haar pa per video-oproep vra of hy met sy dogter kan trou.

“Ek kan nie my lewe sonder haar indink nie, daarom wil ek vir jou seën vra om met haar te trou en vir ewig saam met haar te wees,” sê ʼn emosionele Killian, voordat haar pa instem. Sophie is ʼn kunstenaar wat oorspronklik van Leicester in Engeland is.

Roché was verlede jaar ʼn gunsteling by Plaasjapie-kykers, maar die mat is behoorlik onder hom uitgeruk toe hy in ʼn interessante wending vroeg sy tassies in dié werklikheidsreeks moes pak.

Die persoonlike afrigter en model vertolk die rol van Theo Krause, ʼn gentleman met ʼn sagte hart in die gewilde kykNET & kie telenovelle Arendsvlei.

Kyk hier hoe die verlowing afspeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.