Kyk: ‘Vuurbal’ eintlik net stukke van Russiese vuurpyl

Skermskoot uit een van die videos.

Iets wat lyk soos ʼn vlieënde vuurbal wat Sondagaand oor gedeeltes van Gauteng te sien was, het Suid-Afrikaners aan die wonder gehad oor wat presies dié vreemde voorwerp kan wees.

Inwoners aan die Oos-Rand, Sandton en Pretoria het hulle tot sosiale media gewend om beeldmateriaal van die verskynsel te deel en gewoner of dit moontlik ʼn meteoriet kan wees.

Dr. Daniel Cunnama, sterrekundige verbonde aan die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag, het egter Maandag aan Maroela Media bevestig dat die gloeiende voorwerp in die hemelruim van ʼn Russiese vuurpyl afkomstig is.

In verskeie video’s wat geplaas is, kan daar gesien word hoe ʼn helder vuurbal vinnig deur die lug trek voordat dit sekondes later verdwyn soos dit vermoedelik uitbrand.

Party video’s wys hoe die voorwerp opbreek voordat dit uitbrand. Die verskynsel het net enkele sekondes geduur.

“Die voorwerp is reeds geïdentifiseer as ʼn gedeelte van ʼn Russiese vuurpyl wat gebruik is vir die Progress MS-20-sending,” sê Cunnama.

“Die sending behels dat vuurpyle met voorraad die ruimte ingestuur word om voorraad op die internasionale ruimtestasie aan te vul.”

Die vuurpyl vervoer byna 600 kg se brandstof om die ruimtestasie se voorrade aan te vul, 420 liter water in tenks, 40 kg saamgeperste stikstof en byna 1 500 kg ander benodighede, volgens Russian Space Web.

Die vuurpyl is reeds Vrydag in Kazakhstan gelanseer. Die ruimtevaartmaatskappy Baikonur Cosmodrome verhuur dié lanseringsgebied aan Rusland.

Dit is nie duidelik hoeveel bemanningslede aan boord is nie.

Volgens Cunnama breek daar dikwels gedeeltes van ʼn vuurpyl af wanneer dit gelanseer word, en is dit in hierdie geval nie ʼn uitsondering nie.

“Tydens lansering kom die eerste fase van die vuurpyl, wat slegs nodig is vir lansering, gewoonlik terug aarde toe om so daarvan ontslae te raak,” sê hy.

“Daar word egter gemik om die puin oor die see te laat beland, maar dit gebeur nie altyd so nie.”

Cunnama sê só ʼn verskynsel rig eintlik geen skade op aarde aan nie.

“Die puin brand gewoonlik uit voordat dit die aarde bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marius ·

Soos dinge nou aangaan , is Noord Afrika dalk die heeltyd verlig soos die goed Amerika toe gaan vlieg . Net in ander formaat .

Dries ·

Klink vir my nie baie geloofwaardig nie. Hoekom brand hy uit. Is dit sy enjin wat uitgeval het. N stuk wat afbreek jojojo????

Philip ·

Daar is werklik niks vreemd of snaaks daaraan dat dit uitbrand nie, sodra iets die Aarde se atmosfeer binnedring word die lug voor die voorwerp saamgepers en raak geweldig warm en die voorwerp kan dan brand of gloei. Die sogenaamde verskietende sterre wat redelik gereeld gesien word is ook niks anders as ‘n voorwerp wat in die atmosfeer “uitbrand” of gloei. Dit is ‘n algemene verskynsel.

Barend ·

Die ruimtestasie se goed is gewoonlik opspoorbaar. Die een wat so ruk terug uitgebrand het is vermoedelik Van Sjinese oorsprong, maar hulle sê niks. Dit is volgens my die groot probleem want sateliete is baie keer kernaangedrewe en as dit ‘n ioon stumotor het nog slegter met kwik.

Pietertjie ·

As iets uitbrand bly daar altyd iets agter, hetsy in soliede-, voeibare- of gasvorm. Dit “verdwyn” nie net sommer nie.

Philip ·

Niemand het gese dat dit net verdwyn het nie, voorwerpe kan maklik heeltemal uitbrand sodat daar basies slegs as oorbly, verder val daar ongeveer 500 meteoriete jaarliks op die Aarde, daarvan word maar ‘n baie klein persentasie ooit gevind. Daar val ‘n paar duisend ton ruimterommel, stof ens jaarliks op die Aarde.

casper ·

Daar was niemand aan boord nie want dit is ‘n vragskip !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.