KZN-stormskade beloop R658 miljoen

Verskeie mense is dood in ‘n hewige storm wat Durban en omstreke Maandag getref het. (Foto: ANA)

’n Voorlopige verslag deur die eThekwini‑munisipaliteit dui daarop dat die koste van die skade wat vandeesweek gedurende die storm in KwaZulu-Natal aangerig is asook die gepaardgaande reddingspogings ongeveer R658 miljoen beloop.

Die munisipaliteit het Vrydag ʼn verklaring uitgereik waarin hy verduidelik dat die verslag die impak van die storm, geraamde koste van herstelwerk aan beskadigde infrastruktuur asook die reddingspogings om ontheemde inwoners te help in ag neem.

Die verslag is Vrydag by ʼn spesiale vergadering van die uitvoerende komitee ter tafel gelê.

Luidens die verklaring word ook aanbeveel dat ’n plaaslike ramptoestand verklaar word weens die omvang van die skade.

Die storm het Maandagaand tot en met Dinsdagoggend deur meestal suidelike kusgebiede van die provinsie gewoed.

Teen Donderdag is bevestig dat 67 mense in die storm omgekom het as gevolg van modderstorings en ineenstorting van huise  veroorsaak deur die swaar reën.

Die provinsie het Maandagaand meer as 2 000 stormverwante noodoproepe ontvang. Nomusa Dube-Ncube, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, het gesê tot 300 mm reën het in sommige gebiede geval.

Die munisipaliteit het heenkome aan die ontheemde inwoners voorsien, wat die opening van 11 gemeenskapsale ingesluit het. Kospakkies is ook aan inwoners verskaf.

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, het gesê die munisipaliteit sal geld deur middel van versekering eis om infrastruktuur te herstel.

Finansiering sal ook uit interne reserwes verkry word en ’n verslag om bykomende finansiering te versoek sal ook aan provinsiale en nasionale regerings gestuur word.

Volgens ’n uiteensetting van skade aan infrastruktuur word 33 wyke geraak. Dit sluit onder andere skade aan stormwaterpype en  padversperrings in. Die voorlopige koste vir hierdie herstelwerk beloop R248 miljoen.

Herstelwerk aan HOP-huise, transitokampeenhede, informele nedersettings en koshuisblokke sal sowat R328 miljoen kos.

Die koste om 11 substasies en die hoogspanningsnetwerk te herstel, word op R19,5  miljoen  geraam.

Ongeveer R3 miljoen sal ook nodig wees om kliniekdakke en spreekkamers wat oorstroom het, te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tokkie ·

Wil nie negatief wees nie maar die geld gaan nie by die mense uitkom nie – hier kom weer reuse korrupsie en tenders vir boeties om die skade te herstel

Salomé ·

Dis ñ baie groot moontlikheid, Tokkie, ongelukkig jaaaa….mag ons verkeerd wees

Vra maar net ·

Graag wil ek net weet hoe hul so vinnig by die geraamde bedrag uit gekom? Spil skelms. Dit is hoekom die petrolprys weereens opgaan. Indirek betaal ons verbruikers vir die skade……

Nick ·

Wees nou realisties asseblief! Net die nodigste vir hulle sal herstel word,hop huise en klinieke,jy wat wit is kan van enige hulp vergeet! Is daar nog iemand wat twyfel in die regering se beloftes of is dit net ek?Sien anc soek malema terug en laat ek vir julle vertel,ons is in ons glory in………finaal! Maak nie saak of ons almal stem nie ,die anc gaan weer wen en met die hulp van die eff gaan hulle doen net wat hulle wil. Berei jouself voor vir n liederlike tyd in Suid Afrika want solank as wat die wittes verdeeld is so lank gaan ons nog suffer en ons is te bang om iets te doen. Raak gewoond aan die chaos en anargie dit gaan rof word en soos hulle se,Afrika is nie vir sussies nie!

Stebastiaan ·

Weet julle die mens wik maar GOD beskik. Maak nie saak wat die uitkoms van die verkiesing is nie. Is dit nie omdat ons GOD op die rak gesit het dat ons so gestraf word nie. Die tyd het aangebreek dat die Afrikaner Boervolk terugkeer na hulle verlosser en saligmaker toe en op HOM alleen vertrou en besef sonder HOM is jy in die ewige verdoemenis.En hierdie anc en eff gaan nog les opsê as hulle aanhou soos hulle doen. Dit beteken ook nie jy die Arikaner Boervolk moet alles net gelate aanvaar nie. Ek wil egter my meegevoel betuig met elkeen wat deur die storm mense aan die dood afgestaan het en ontwortel is. Sterkte word jul toegebid.

Kallimaari ·

Sebastiaan, ek kon dit self nie beter stel nie. Jy slaan die spyker op die kop. Die tyd het aangebreek dat ons terugdraai na God toe, ons sonde tenoor Hom belei, en mekaar die hand van versoening bied. Dán eers sal God ons gebede verhoor. Solank ons op forums soos hierdie een haat en rasse verydeling aanblaas, sal Hy ons nie verhoor nie.

Meneer, Mevrou. Staak die hulle en ons ding. Vertrou op God, wat nie deur die ANC, DA of enige ander party gedryf word nie. Onthou net, God self stel regerings aan bewind. Soms om ‘n nasie na Hom te draai, soos wat nou nodig is.

Sarel ·

1. Wat van die verkies aan Menselewens? 2. Ja ons kan seker verwag dat daar weer korrupsie en boetie boetie gespeel gaan word. Ek lees soveel kommentaar wat , lyk my mense klaar boedel oorgegee het. Dit is die grootste hartseer.

ANNA ·

dit moet werklikwaar, verskriklik erg wees, om so iets oor te kom,mense…. baie sterkte aan diegene wat hierdeur geraak word, ons harte gaan uit na julle ???

Hennie ·

Verkoop Nkuntlaaa en dan wens julle daai fondse aan om die mens te help!

Frans C ·

Kyk ‘n mens na die gebiede waar huise verwoes is wil dit uit die fotos lyk of baie nie op stabiele grond gebou is en baie in die gebied van vloedwater afvloei staan.Wys dit nie ook maar op swak beplanning van plaaslike owerhede?

Mens voel vir die mense en hoop dat hul spoedig gehelp sal word.

Willie ·

Ek hoop van harte dat Mnr Julius Malema nie sal teruggaan na die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.