Laer fases beurtkrag dié naweek van krag

(Argieffoto: Dall-E)

Fase 3-beurtkrag sal Vrydag om 16:00 tot Saterdag om 05:00 geïmplementeer word, waarna Fase 1-beurtkrag tot 16:00 van krag sal wees. Fase 2-beurtkrag sal dan om 16:00 tot Sondag om 05:00 ingestel word.

Beurtkrag sal Sondag van 05:00 tot 16:00 opgeskort word, waarna Fase 1-beurtkrag vanaf 16:00 tot Maandag 05:00 hervat word.

Volgens Eskom is die laer fases van beurtkrag te danke aan die terugkeer van sommige opwekkingseenhede in die afgelope 48 uur, sowel as ʼn laer kragaanvraag oor die naweek.

“Eskom sal Sondag die vooruitsigte van die week wat voorlê bekend maak en die publiek in kennis stel indien enige beduidende veranderinge plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.