Leidende sosioloog en politikus Belinda Bozzoli sterf

Belinda Bozzoli. (Foto: Facebook)

Een van Suid-Afrika se voorste sosioloë, prof. Belinda Bozzoli, is Saterdag ná ʼn maandelange stryd teen kanker dood.

Sy was een van Suid-Afrika se mees gerekende akademici en was vroeër viserektor van die Universiteit van die Witwatersrand; die instelling waarvan haar pa ʼn paar dekades gelede rektor was.

Sy het in die voetspore van haar pa se stryd teen die afdwing van rassediskriminasie by universiteite in die tyd van premiers H.F. Verwoerd en John Vorster gevolg deur altyd te stry vir akademiese uitmuntendheid, vryheid en nie-rassigheid, asook teen ANC-staatsinmenging by die akademie.

Na haar aftrede as akademikus het Bozzoli vanaf 2014 tot en met haar dood as DA-parlementslid gedien. Sy was die afgelope ses jaar die DA se hoofwoordvoerder oor hoër onderwys en opleiding.

Haar massiewe intellek, beginselvastheid, goedgemanierdheid, vriendelikheid, haas onvergelykbare kennis van die bestuur van universiteite, asook dat sy vir soveel leidende lede van die ANC en EFF klas gegee het en volgens almal ʼn wonderlike dosent was, het verseker dat sy een van die min parlementslede was na wie alle partye aandagtig geluister het.

Hoe alombemind sy was, was Saterdagmiddag duidelik uit die buitengewone wyse waarop Maroela Media oorval is met oproepe van parlementslede van die ANC en EFF wat die doodstyding wou nagaan en die omgee wat gestraal het uit navrae oor haar laaste maande.

Bozzoli was getroud met die tophistorikus prof. Charles van Onselen. Sy het drie kinders, onder wie die politieke ontleder, skrywer, joernalis en meningspeiler Gareth van Onselen.

Reëlings vir haar verassing sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Tanniepetoors ·

Ystervrou. Pragmens. Ek eer jou nagedagtenis. Innige simpatie aan familie en vriende.

Jaco ·

Stry teen apartheid en rassediskriminasie, welwetend dat die ANC ‘n veelrassige verkiesing sal wen. En daarna toe stry sy teen ANC inmenging by die universiteit. So toe die een oorheersing en onderdrukking verby is, toe begin ‘n ander onderdrukking maar net weer. Dít moes sy mos vooraf geweet het, dat hulle ware streke gaan uitkom as hulle eers regeer. Het dié wonderlike hoogheilige linkse liberale mense dan voor 1994 niks van die magsvergrype in die res van Afrika geweet nie, of het hulle regtig gedink die ANC gaan “anders” wees?

Cherokee ·

Pragtige beskrywing van die DA, ou Jaco. Jy score ‘n duim-op vir hierie ene!

Piet ·

Die meerderheid sal heers, dis normaal. Ons het ‘n abnormale stelsel gehad waar 10% van die land se mense geregeer het, maar nie net dit nie, ook so verwaand was dat daar op die oorblywenden 90% se menseregte getrap is en hul deelname aan die land se regering en rykdom ontken is. So ‘n stelsel sou NOOIT die toets van die tyd deurstaan nie. Dit was walglik, onmenslik en on-Christelik en is tereg as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar deur die VN.

Blomme ·

Die stelsel van die verlede was verkeerd Piet, ek dink nie iemand in die land probeer dit goedpraat nie.. Maar verduidelik gou vir my wat staan uit as goed en mooi in die nuwe bedeling? Is jy enigsins tevrede met wat tans in hierdie land aan gebeure is? Noem vir my een ding wat so uitstaande is waaroor ons kan juig? Jy klink na een vd min indien nie die enigste wat in alles uistekende diens ontvang en baie tevrede is met die huidige regering. Beweeg ń slag weg vd slagoffer mentaliteit vd verlede en laat ons saam kyk na ń oplossing om die vervalle land te herstel.. Sonder haat en verwyt teenoor mekaar.

Piet ·

In die eerste plek dink jy verkeerd dat daar niemand is wat die vorige stelsel goedpraat nie, in teendeel, jy moet in gedagte hou dat amper 40% van die Afrikaners gedink het dit was reg en moet so voortgaan (en nog steeds so dink). Dis regtig kommerwekkend dat daar nog siele is wat aan die Apartheid-ideologie vasklou. Jy moet nie ons huidige demokratiese stelsel waaraan ALMAL deelneem verwar met swak dienslewering, ens. nie. Laasgenoemde moet reggestel word maar daar’s niks fout met ons verkose, demokratiese bestel nie. Dis hoe dit moet wees.

Jack ·

Nie in ‘n sentraal regeerde multi-kulturele, multi-etnies, multi-linguistiese, multi-godsdienstige, en multi-waardestelsel samelewing nie. Ons huidige stelsel bevorder identiteitspolitieke ten koste van goeie regering en het die gemors veroorsaak waarin ons ons tans bevind. Dis nie demokrasie nie maar meerderheids oorheersing.

MakersMark ·

Ek stem saam met slagoffer mentaliteit. Niemand praat vir die slagoffers van korrupsie, ekonomiese en infrastruktuur verval en werkloosheid van die afgelope 24 jr nie. Ek soek ook nog die geweldige vooruitgang…..

Jack ·

Wys my een stelsel in die verlede of hede wat 100% reg was. Dis makilik om die verlede uit te kryt as verkeerd maar my ondervinding is dat verantwoordelike leiers neem gewoonlik deurdagte besluite gegrond op die realiteite van die dag. Dis maklik om agterna slim te wees.

Piet ·

Daar was niks verantwoordeliks aan die Apartheid-stelsel nie of die se leiers nie en daar is GEEN salf aan te smeer nie. Dit was ‘n afskuwelike stelsel van menseregte vergrype en verdien die absolute minagting wat dit toekom. ‘n Misdaad teen die mensdom inderdaad.

MakersMark ·

Daar is geen salf aan die demokraties verkose leiers te smeer nie. Maar dit lyk my die vorige agtergeblewenes is so dankbaar om stemreg te hê hul hou aan stem vir die vernietiging van die land. Loop selfde pad as Zim. Daar is ook demokrasie, die vorige agtergeblewenes het al die minerale en al die mag en al die grond maar die bevolking eet rietrot om te oorleef. En juig oor hul vryheid en gelykheid.

Jack ·

Piet, jy redeneer soos die mense wat hulle verbeel dat omdat ons in een land gegooi is deur historiese omstandighede ons een nasie is wat sosiale kohesie kan nastreef en bereik en daarom ‘n een mens een stem stelsel moet implementeer om regverdigheid teenoor almal te verseker. Die bevolking van Seffrica bestaan uit 10 verskillende swart nasies en vier ander bevolkingsgroepe, waarvan ek as Afrikaner my eie mense as ‘n afsonderlike nasie van al die ander beskou. Die vorige bedeling het dit erken en ‘n stelsel daar probeer stel wat regverdig teenoor elke nasie sou wees. Swart mense is nie almal enenrs nie. Daar is tien koningshuise en hulle het almal tradisionele leiers en stamgrond en DIT word erken deur die huidige regering. Verder eies swart tradisionele leiers al meer regte vir hulle self op, ook al hoe meer grond. Die onteiening sonder vergoeding kom nie net van ANC of EFF af nie. Jy sal seker eers gelukkig voel as blankes van alle regte ontneem is nê?

Piet ·

Ons is een Suid-Afrikaanse nasie met ‘n verkose demokratiese bestel waar ALMAL gelyke regte het. Jy kan maar gaan eie volkie op jou eie miershopie, ons res bou aan ‘n verenigde nasie. Eie volkie gaan nie hier gebeur nie, jy sal moet trek (weet nie waartoe nie want jou ideologie gaan nou nie lekker inpas by enige demokratiese bestel in die wereld nie). Probeer maar Orania, daar kan jy jouself darem in ‘n mate afsonder.

MakersMark ·

Stem saam. Altyd die vaandel van “menseregte” tot hul aan bewind is dan is al regte wat tel grondregte, mineraalregte en ekplorasieregte.

Piet ·

Jack. Die tradisionele stamme het hul tradisionele grondgebiede afgebaken lank voor Van Riebeeck met sy skepies hier aangeja gekom het. So vir interessantheid: welke tradisionele grondgebied kom die Afrikaner toe?

MakersMark ·

Regtig ? Afgebaken ? Dink jy moet jou skoolgeld terugvra.

Blomme ·

Piet jy sal regtig bietjie meer rondom jou moet gun kyk.. Wat is demokraties aan die land behalwe die ope verkiesing? Word die resources gelyk tussen die bevolking verdeel? Jy is reg.. Dienslewering mag dalk niks met demokrasie te doen hé maarndit bepaalde onfelukkig ook die bevoegdheid van diegene in beheer.. Wel as jy dit as maatstaf moet gebruik.. Isndit duidelik dat die demokratiese regering ń goeie werk daarvan maak om die landnin ń banana republiek te omskep! Dink jy regtig die Vryheidsvegters van weleer het hul lewens opgeoffer vir hierdie ‘demokratiese sirkus? ‘ Ek sê weer daar moet gekyk word na herstel en vorentoe beweeg in eenheid.

Piet ·

Die Afrikaner se ondergang was nog altyd die Ingelse. Eers vat die kakies die Kaap Provinsie oor en toe die Boere Republieke. Hoekom het die Boere nie meer druk op die internasionale gemeenskap geplaas om die Boere Republieke in “ere” te herstel na die Anglo-Boereoorlog en Unie wording nie? Hierdie Boere Republieke was internasionaal erken voor die Engelse bolla kom maak het. Weet iemand?

MakersMark ·

Laat my dink aan ‘n ander bra wat net so baie bolla gepraat het. Maar die mr. makatees het verdwyn ongelukkig.

Jack ·

Dis tradisie dat geen slegte mense begrawe word nie, net goeies, soos gewoonlik blyk uit al die huldeblyke wat bey begrafnisse en begrafnisdienste so mildelik rondgestrooi word. Wat my egter dwars in die krop steek is dat daar omtrent geen bekende persoon te sterwe kom sonder dat die volgende rympie nie aan die persoon toegedig word nie: Hy/sy is daarvoor bekend dat hy/sy sy/haar lewe lank gestry het teen rasse diskriminasie en apartheid en alom bemind was. Die vraag wat altyd by my opkom is waarvoor het die persoon gestaan? Reg en geregtigheid, eerbaarheid, integriteit, hardwerkendheid, hoë etiese norme, patriotisme, vroomheid ens ens word nooit genoem as deugde nie, net weerstand teen iets – ‘n stelsel – wat maar net weer deur die nuwe regeerdes in ‘n erger en meer meedoënlose graad toegepas word. Ek wonder of mense ook oor twitig jaar sal spog dan hulle alom bekend daarvoor was dat hulle meedoëloos gestry het teen ANC kakistokrasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.