Lesufi glo binnekort Gauteng-premier

Premier David Makhura. Foto: @GautengProvince/Twitter

David Makhura gaan glo as premier van Gauteng gepos en deur Panyaza Lesufi vervang word.

Volgens mediaberigte is die besluit Vrydag tydens die ANC in Gauteng se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) geneem.

Pres. Cyril Ramaphosa is deur verslaggewers oor dié verwikkeling uitgevra tydens die ANC se Letsema-veldtog in Delmas, Mpumalanga.

“Ek het gehoor van die gesprekke,” het Ramaphosa geantwoord en bygevoeg dat hy wag op ʼn verslag oor die aangeleentheid voordat enige besluite deur die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geneem sal word. “Ek wil niks vooruitloop nie.”

Vir Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, is dit egter nie ʼn verrassende wending nie. Die DA het verlede maand aangekondig dat hy ʼn mosie van wantroue in Makhura ter tafel wil lê.

“Die DA het reeds steun van verskeie opposisiepartye rakende die mosie ontvang en ons het ook verwag dat van Makhura se eie kollegas teen hom sou stem as ʼn geheime stemming toegelaat sou word.”

Makhura is volgens die DA ʼn premier wat baie beloftes maak, maar niks daarvan deurvoer nie.

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Die DA verwag egter nie veel meer van Lesufi wat Makhura na verwagting sal vervang nie. Hy sal probeer om met ʼn groot gewag te begin, maar dit sal die enigste aksie wees wat ons van hom kan verwag.”

Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is einde Junie tot voorsitter van die ANC in Gauteng verkies.

Verskeie instansies het hul misnoeë hieroor uitgespreek en daar is toe al voorspel dat Lesufi premier gaan word.

“Panyaza Lesufi het met sy mislukkings en optrede as LUR van onderwys bewys dat Gauteng sal ly as hy premier sou word. Die inwoners van Gauteng verdien beter,” het die VF Plus destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Magda ·

Nog n vrot vel van di gespuis van ANC. Kan di eers een verantwoordelikheid reg doen nie, maar wil n ander een aanpak. Unhuman scum

Nie Verbaas ·

Dit kan tog nie wees nie. Die man is n totale mislukking en grap.

annie ·

Die ANC hou dus van die Lesufi-styl. CR is min gespin, hy speel net vir die ANC-stadion met sy pylkoker leeg en sy plaasbank sonder ‘n sagte kussing… Alles is maar okay. Gauteng-ê-lêng gaan nou sy naam gestand doen. Cele het groot kompetisie. By elke do en ramp sal beide opdaag. TV-lisensiegeld sal móét óp vir dié maxi-shows.

christo ·

Lesufi het uit en uit ‘n vendetta teen die Afrikaners. As mens na sy misbruik van mag as die LUR van Onderwys, is daar nie veel hoop vir Gauteng nie. Die ANC se beleid van kaderontplooiing het nog nooit die omstandighede van die bevolking verbeter nie. Die ANC kaders stel net belang in dié magsposisies, en dis nou op alle vlakke van regering , om hulle sakke te vul met belastingbetalers se geld.

SjN ·

Die Anc se keuses word net slegter en kandidate al hoe swakker!

Althes ·

Hy is die grootste rassis. Hy kon nie eens die geweld in skole aanspreek nie, maar was daarop uit om als te glo as daar ñ vals beskuldiging is vir rassisme teen our people

Yvonne ·

Jip….staatskaping het nog nooit opgehou nie…..President in wording???

Boer ·

Jammer Gauteng maar dankie tog nou sal dit beter gaan by die skole.

Marelize ·

Ek dink ons almal verstaan dit verkeerd – hulle word nie in die poste gesit om te werk nie – NEE – werk vir ‘n salaris is julle van julle sinne beroof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.