Lewenslank oor agtjarige se moord

(Argieffoto)

Fika Ndlovu (29) is Dinsdag in die Verulam-streekhof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en roof.

“Vier mans het op 19 Januarie 2018 omstreeks 21:00 ʼn huis in Magwaveni in Tongaat betree en die gesin met vuurwapens gedreig,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het kontant geëis en die gesin het R400 oorhandig wat hulle in die huis gehad het. Die mans wou egter meer geld hê en het die huis geplunder en met twee selfone gevlug.”

Terwyl hulle gevlug het, het een van die mans drie skote gevuur en die agtjarige Olwethu Mthembu is getref. “ʼn Saak van moord en roof is by die Tongaat-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Ndlovu is in Desember 2018 in hegtenis geneem. “Hy is positief uitgeken deur ʼn uitkenningsparade. Hy was tydens die hofsaak in aanhouding. Hy is lewenslange tronkstraf opgelê op aanklag van moord en 15 jaar tronkstraf vir roof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek hoop dis aaneenlopend en die stelsel se lewenslank en myne verskil hemelsbreed pffft! Mag hy ook nie in aanmerking kom vir parool nie.

Cherokee ·

Hy sal waarskynlik uit die tronk wees voor die slagoffer 21 jaar oud sou wees. Dan word GELIEG deur dit ‘lewenslank’ te noem.

Franz ·

Dit klink na n lang straf,maa rin die land beteken dit nie veel nie,sal na sowat 10 tot 12 jaar weer vry wees.Ander lande beteken lewens lank presies wat dit se,lewens lank.Hie rword daa rgespeel met die kriminele.

Sarel ·

Moes nie Lewenslank gewees het nie. Veertig jasr sonder parool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.