Liebenberg wil appelleer teen Tariomix se likwidasie

Louis Liebenberg, Forever Diamonds and Gold, Tariomix, likwidasie, hof

Die omstrede diamantsmous, Louis Liebenberg. (Foto: Louis Liebenberg Public Figure / Facebook)

Louis Liebenberg, omstrede diamantsmous, het ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die finale likwidasiebevel wat voor verlede week teen sy maatskappy Forever Diamonds and Gold (FDG) toegestaan is.

Liebenberg se regspan het die aansoek, wat Maroela Media onder oë gehad het, Vrydag by die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes ingedien.

Sy aansoek volg nadat regter Mark Morgan op 12 April in ʼn elektroniese uitspraak van dieselfde hof Liebenberg se maatskappy Tariomix, handeldrywend as Forever Diamonds and Gold, gelikwideer het.

Liebenberg voer aan die besluit van die regter was foutief omdat die oorspronklike aansoekers van die likwidasiebevel aan die saak onttrek het. Ruan Botes en Jeandré Viljoen, twee beleggers in FDG, het verlede jaar die aansoek op ʼn dringende grondslag ingedien. Hulle het onder meer aangevoer FDG se sake word geskoei op ʼn piramideskema.

Morgan het dit in sy uitspraak duidelik gemaak dit was nie vir hom om te besluit oor die wettigheid van die skema en of dit ʼn piramideskema is nie.

Botes en Viljoen het, luidens hofstukke, saam R770 00 in FDG se diamantpakkie-skema belê en dit glo verloor.

Die twee het op 20 Julie verlede jaar aan die saak onttrek ná Liebenberg hulle glo die uitstaande geld terugbetaal het.

Kort ná Botes en Viljoen se onttrekking het 11 ander applikante by die aansoek aangesluit.

Hieroor sê FDG in sy appèlaansoek die voorlopige likwidasie moes outomaties geskrap word ná Botes en Viljoen aan die saak onttrek het.

“Op die keerdatum moes Tariomix redes verskaf hoekom die likwidasiebevel nie finaal gemaak moet word nie. Die feit dat die aansoek onttrek is deur die oorspronklike applikante [Botes en Viljoen] – wat die onderliggende rede vir die toestaan van die voorlopige bevel was – was dienooreenkomstig genoeg rede vir die voorlopige bevel om geskrap te word.”

ʼn Voorlopige likwidasiebevel is toe op 23 Februarie toegestaan en die hof het Tariomix tot 14 September gegee om redes te verskaf hoekom die bevel nie finaal gemaak moet word nie.

FDG hou ook vol dat daar ten tye van Botes en Viljoen se onttrekking geen ander partye tot die oorspronklike aansoek was nie.

“Die regter het daarom ʼn fout begaan toe hy die voorlopige likwidasiebevel op 23 Februarie toegestaan het en verder deur ʼn keerdatum vas te stel. Die rede vir die aansoek, , het weggeval. Daarom is dit logies dat die aansoek ook moet wegval.”

Hy het verder aangevoer dat geen FDG-krediteure benadeel sou word deur die skrap van die voorlopige likwidasiebevel nie.

“Daar kan nie so ʼn vooroordeel teen enige krediteur wees nie omdat enige krediteur op enige gegewe tyd daarop geregtig is om ʼn likwidasieaansoek te bring op sy eie meriete.”

Danie Barnard, ʼn prokureur wat vier van die elf nuwe applikante verteenwoordig, het Dinsdag by navraag bevestig Liebenberg se nuwe aansoek sal teengestaan word.

Die saak sal aangehoor word sodra die hooggeregshof ʼn datum daarvoor vasgestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

En hy wil nou die politiek arena betree! Sal goed inpas by die skelm ANC Kaders

Wondermaarnet ·

Dié man hou darm baie van aandag. Sluit hom toe saam met Zuma en kie.

Jaco ·

Een goeie ding wat jy Zuma moet toegee, is sy goeie verhouding met mense van ander rasse. kyk goed na sy partners in crime:
Guptas en shabir shaik =Indiërs
Shaun Abrahams = kleurling
En Louis Liebenberg, nogal ‘n wit Afrikaanse man, dié spesie in SA wat andersins die swaarste kry.
Miskien moet ek maar vir MK stem…

Oomniklaassevriend ·

Die kanse dat enige iemand behalwe likwidateurs in ‘n likwidasie bevoordeel gaan word is gering. In die geval van die MTI likwidasie het etlike likwidateurs elk reeds mijoene Rande ontvang en die eisers na jare steeds niks nie. Daarom die gerugte dat likwidasies dikwels nie primer deur eisers geinisieer word nie.

Aai ·

Baie bekendes sangers gaan groot geld verloor julle weet wie julle is.Hy het julle roem gebruik om geld te maak.

Roek ·

Hy is soos Jurie Els , my hero !! @koen , die verskil is net hy betaal sy eie regskoste en nie die staat soos die ander nie , die jv partners betaal !

SjN ·

Hy is kort kort by Z om raad te vra oor uitsteltegniek en hof prosedures en streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.