Liggaam in spruit by Trichardt gevind

(Argieffoto: ER24)

Polisieduikers het die liggaam van ʼn man uit die Trichardtspruitrivier in Mpumalanga gehaal, nadat ʼn lid van die plaaslike boerderygemeenskap dit vanoggend opgemerk het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die polisie se soek-en-reddingseenheid was omstreeks 09:45 Woensdag op die toneel. Hulle het die liggaam na die oewer gebring, waar paramedici gewag het.

“Ongelukkig was die man reeds ʼn geruime tyd dood. Ons kon niks vir hom doen nie,” het Meiring gesê.

Die oorsaak van die man se dood is in dié stadium nog onbekend. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.