Liggaam in water by Seepunt gevind

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die liggaam van ʼn onbekende vrou is Sondag uit die see by Seepunt in Kaapstad gehaal.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid, het aan Maroela Media gesê die Stad Kaapstad se lewensredders is vroeër vandag in kennis gestel van ʼn liggaam wat net buite die grensmuur van die Seepunt-swembad in die see dryf.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het bevestig dat die omstandighede rakende die vrou se dood ondersoek word.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Badroodien het gesê die Stad is dankbaar dat hoewel strande gesluit bly, sy lewensredders aan diens bly om op sulke voorvalle te reageer en oortreders van die strande af te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.