Liggame van 19 zama-zamas gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die liggame van 19 vermeende onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, is Woensdag by ’n myn in Krugersdorp gevind.

Daar is omstreeks 15:00 op die liggame afgekom nadat die polisie inligting ontvang het, het brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Muridili dui voorlopige inligting daarop dat die oorledenes geskuif is na waar hul liggame gevind is. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.