Liggame van kinders in stroom gevind

Argieffoto

Die verdrinking van drie kinders in ’n rivierstroom in Diepsloot, Johannesburg, het dié gemeenskap geruk.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die nooddienste en polisie se waterreddingseenhede het Maandag omstreeks 14:00 die liggame uit ’n stroom in Diepsloot gehaal.

Die kinders, onderskeidelik agt, nege en tien jaar oud, het reeds verdrink en is op die toneel dood verklaar.

“Die omstandighede rakende die verdrinkings word nog ondersoek,” het Mulaudzi bevestig.

Mulaudzi het ’n beroep op inwoners, veral ouers en volwassenes, gedoen om kinders fyn dop te hou wanneer hulle hulself naby water bevind.

“Ouers moet kinders weghou van rivierstrome om verdrinking te voorkom,” het Mulaudzi gesê.

“Die watervlakke in die meeste rivierstrome is hoog weens die swaar reënval wat oor die Paasnaweek uitgesak het. Jong kinders kan dalk in die versoeking kom om langs hierdie rivierstrome te speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

En die mense luister nie. Die strome en riviere loop sterk na al die reën. Dis beter om tans die riviere en spruite te vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.