Ligte bly aan, sê Eskom

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Sondag gesê hy is optimisties dat daar nie in die nabye toekoms enige beurtkrag in die land toegepas gaan word nie.

“Daar was nou al vir sewe maande lank geen beurtkrag nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Ons prognose vir die res van die somer, herfs en winter is dat daar ook nie beurtkrag sal wees nie.”

Eskom sal steeds sy streng program van beplande instandhouding sonder beurtkrag voortsit.

Die kragvoorsiener het gesê hy maak ook van naweke gebruik om instandhouding te doen om die betroubaarheid van die aanlegte te verbeter.

Hernubare energie dra ongeveer 1 600 MW elektrisiteit by danksy son- en windkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus Swanepoel ·

Dit is nogal snaaks hoe baie beurtkrag daar in Kameeldrift Oos in Prteoria is!! Vrydag oggend, Saterdag oggend, Sondag oggend en Maandag oggend!! Beurtkrag se nuwe naam is nou Tegniese foute in jou area!!!

Hennie de Beer ·

Dit klink vir my eerder asof dit alweer jaarliks of half jaarlikse bonus tyd vir die uitvoerende bestuur is. Die land is die afgelope 7 maande in ons somerseisoen gekoppel aan `n buitengewone hitte golf weens die El nino effek – die winter met verhoogde kragverbruik is om die draai.

Wat-ek-lees ·

Danksy die sluiting van verskeie nywerhede a.g.v. beurtkrag

Cheryl ·

Vat so katvis…
Ek het ook 3 dae in n ry beurtkrag gehad, waarvan vertel was daar tegniese foute in my area.

What a joke…!!!
Sterkte met jou tegniese foutjies Kobus lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.