Ligte vliegtuig stort op M7 neer

Die ZS-CSL-vliegtuig het glo by die Kromvlei-lughawe in dié omgewing opgestyg en sou weer daar land. (Foto: William Ntladi)

Drie mense is ernstig beseer toe ’n ligte vliegtuig Donderdag kort voor 18:00 op die M7 naby Alberton in Johannesburg neergestort het.

Die ZS-CSL-vliegtuig het glo by die Kromvlei-lughawe in dié omgewing opgestyg en sou weer daar land.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddiens, sê al drie passasiers het oorleef, maar is in ’n bedenklike toestand na die hospitaal vervoer.

Hy kon nie Vrydag aan Maroela Media bevestig of hul toestand intussen verbeter het nie.

“Hulle het baie ernstige beserings opgedoen. Al drie is met private ambulansie na die Netcare Union-hospitaal vervoer.”

Die besonderhede en oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nog onduidelik.

Volgens Ntladi was die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het ʼn navraag aan die BLO gestuur en wag tans op terugvoer.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Perdeby ·

Op die snelweg of langs die snelweg, want anders is daar pad vol gras.

JohanR ·

Moet baie moelik wees om op ‘n snelweg te land, veral as daar voertuie aankom, en langs die pad is gras, klippe, dongas en draade.

JohanEtz ·

Het al 3 beseerdes in die “private ambulansie” gepas…..?

Hennie Biebouw ·

Minor detail, maar “ZS-CSL” is die registrasie van die vliegtuig. Die vliegtuig fabrikaat is ‘n Piper PA-24-250 Comanche

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.