Listeriose: Maatreëls ingestel om weg te doen met besmette voedsel

Grafika deur African News Agency.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het alle Suid-Afrikaners verseker dat alle kosprodukte wat besmet is met die listeria-bakterie veilig mee weggedoen is.
Molewa het gesê hulle is bewus van die hoë getalle mense in Suid-Afrika wat rommel vir kosoorblyfsels deursoek en is bekommerd oor besmette voedsel wat sodoende ingeneem kan word.

Sy het ook in ʼn verklaring gesê die landwye paniek het daartoe gelei dat mense verdagte kosproduke in hul yskaste in die asblik gegooi het. Sodoende het dit op ashope of in opvulterreine beland wat toeganklik is vir kwesbare groepe.

Die departement het egter wel maatreëls ingestel om tydig met die besmette afval af te reken.

Besmette afval mag aanvaar word by gelisensieerde verbrandingsfasiliteite, nieverbrandings- of medeverwerkingsfasiliteite, of mee weggedoen word by ʼn klas A-opvulterrein. “Klas A-opvulterreine is spesiaal vir die aanvaarding van gevaarlike of skadelike stowwe ontwerp en nie toeganklik vir mense om deur rommel te krap nie,” het die departement gesê.

Afvalbehandelings en -verwyderingsfasiliteite sowel as provinsiale en munisipale owerhede is volgens haar in kennis gestel van dié maatreëls. Dit alles het plaasgevind voor daar aangekondig is voedselprodukte kan na verskeie aanlegte vir wegdoening vervoer word.

Sy het gesê die maatreëls wat ingestel is, sal die grondwetlike reg van alle mense op ʼn veilige en gesonde omgewing beskerm.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag aangekondig die bron van die listeriose-uitbreking is opgespoor by die Enterprise-fabriek in Limpopo wat deur Tiger Brands besit word. Dit het gelei tot die onmiddellike onttrekking van talle kouevleissoorte soos onder meer polonie.

Minstens 180 mense is sedert vroeg verlede jaar in Suid-Afrika dood weens dié siekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

En dit het ‘n krises gekos voor julle dit erken en aandag daaraan gee. Ek sit juis my swart sakke eers uit na ek sien die mense wat weekliks op Vrydae in die vullissakke grawe is reeds verby. Dit irriteer my tot in my siel in dat ander mense so in jou vullissakke kom grawe. Meestal lê die gemors na hulle daar weg is die wêreld vol.

As dit maar al was wat hul intrek in ons buurt geneem het.

Paul

O ja, en dan word die huis- en tuin afval se sakke by tye eers na twee of drie weke verwyder. Dit het al langer hier op die sypaadjie gelê. Een jaar het ons rotte in die erf gewaar. Die uile het snags ‘n fees gehad. Snaaks dat dit ‘n krises kos voor bewaring agterkom waaroor dit gaan om hiegienies te leef. Maar steeds het ons mense wat in die haglikste toestande in parke en by die ingang na die woongebied kom uitkamp, op kartondose lê, die dag so deurbring om te kyk of iemand hulle nie raaksien en ‘n… Lees meer »

Paul

Terwyl die antie dit hier bo sê, kan ek getuig dat daar niks in ons dorp verandser het nie. Hoeveel dorpe en stede is daar in die land en sy wil voor gee dat sedert verlede week het hulle in alle munisipale distrike in die land voorsorg getref en nou is als reg. Moet ek dit werklik glo? En die grawers in die vullissakke? Ek neem aan julle het vir hulle kennisgewings gepos, of hulle per e-pos of sms laat weet.

Dafer

Die perd is alreeds uit die stal uit! Hou streng maatreels m.b.t. higiene in stand, anders gaan dit aanhoudend gebeur!!!!

Produkte nog op rakke

Ons was onlangs in Lydenburg Checkers en al die polonies – rainbow en enterprise produkte was nog in die yskaste. Waar is die inspektere wat na dit moet omsien of wag hulle vir nog a paar sterftes?