Lyk in vliegtuig na Durban gevind

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man se liggaam is Sondag in Harare in ʼn Amerikaanse vragvliegtuig ontdek wat glo onderweg was na Durban.

African News Agency (ANA) berig die vragvliegtuig, met ses bemanningslede aan boord, was glo van München in Duitsland onderweg na Durban toe dit by die Harare-lughawe in Zimbabwe moes land om brandstof te hervul.

“Grondpersoneel wat die vliegtuig hervul het, het bloed uit die vliegtuig se lugversorging sien drup,” het ʼn bron aan ANA gesê. “Die bemanningslede is ondervra en hulle het beweer hulle het ʼn voël in die lug getref. Met verdere ondersoek is die liggaam van ʼn volwasse man versteek in ʼn kompartement gevind.”

Al ses bemanningslede is in hegtenis geneem. Charity Charamba, polisiewoordvoerder in Zimbabwe, het die voorval bevestig en gesê die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra maar net ·

Wat se paspoort het die persoon aan hom gehaat?
Wat se land se burger was hy?

Sputnik ·

Vra maar net, waarom sou hy ‘n paspoort haat? Hy het seker maar net nie een gehad nie – hie-hie

Luister ·

Hierdie gaan ‘n storie so uit ‘n fliek wees. Dit is glo ‘n vrag geldnote wat in Duitsland gedruk is.
Hulle wou dalk iewers land en die geld steel. Altyd gedink ons geld word in S.A. gedruk. ?

tinah ·

snaakse mense wat in n ernstige geprek n ding soos n verkeerde/spelling woord optel ne? “small things amuses small minds”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.