M.T. Steyn-standbeeld: Studente sê hul sê

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Sommige studente eis al ’n geruime tyd dat die M.T. Steyn-standbeeld op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwyder moet word.

Die UV-bestuur het belanghebbendes hierna tyd gegee om insette te lewer met betrekking tot die verwydering van die standbeeld van dié oudpresident van die voormalige Oranje-Vrystaat. Die voorgestelde plan om die standbeeld te verwyder is deel van die UV-studenteraad se transformasiebeleid.

Terwyl sommige studente eis dat die beeld verwyder moet word, eien ander dit steeds as ’n soort ikoon, want dit is juis voor sy standbeeld waar hulle foto’s van hul gradeplegtigheidseremonies neem. Ander weet weer nie eens wie Steyn was nie.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het huidige en oudstudente se mening oor dié standbeeld se lot gevra.

’n Oudstudent, wat verkies om anoniem te bly, sê sy weet nie genoeg van Steyn af om ’n werklike mening oor hom te vorm nie. Oor die skuif of bedekking van sy standbeeld wou sy haar ook nie uitlaat nie. “Ek wil wel nie hê dat een deel van die geskiedenis ten koste van ’n ander opgeoffer moet word nie.”

Nog ’n oudstudent hou persoonlik van Steyn se standbeeld. “Ek wil graag hê hy (Steyn) moet bly, maar as dít mense gaan vervreem of die meerderheid wil hê dat die beeld eerder verwyder moet word, sal ek dít steun. ’n Mens moet ’n middeweg vind.”

“Hoekom nou iets, wat hoeveel jaar lank niemand gepla het nie, verwyder?” wonder nog ’n eerstejaarstudent.

Die taakspan van dié universiteit is besig met ’n hersieningsproses oor die toekoms van dié standbeeld voor die hoofgebou.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê die motivering dat die beeld ter wille van vrede moet skuif, kan met goeie reg gematigde Suid-Afrikaners, en spesifiek Afrikaners, baie bekommerd laat.

“Die Voortrekkers, FAK en ander organisasies kan uit dure ondervinding getuig met watter hoë koste die verskuiwing, herstel en heroprigting van ’n beskadigde beeld gepaardgaan.

“Die FAK het begrip vir die meriete van die proaktiewe beveiliging van die beeld. Die Vrouemonument is vir seker histories en simbolies die mees geskikte plek. Die FAK sal, soos met die herstel en verskuiwing van die C.R. Swart-beeld en die herstel van president Brand se kerkhof, die verskuiwing van die Steyn-standbeeld na die Vrouemonument ondersteun, indien die standbeeld moet skuif.”

Langner vra of dit nie dalk nou die tyd is dat gematigdes teen radikale elemente opstaan vir kulturele verdraagsaamheid en wedersydse respek vir erfenis nie.

AfriForum Jeug en AfriForum het ook vroeër hul ongelukkigheid uitgespreek oor die proses om die standbeeld te verwyder.

 

“Die kampusbestuur gebruik die sogenaamde proses as rookskerm om belanghebbendes te paai, terwyl hulle reeds besluit het om van die standbeeld ontslae te raak,” meen Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusstrukture.

Ná ʼn besluit geneem is deur die universiteit se permitkomitee sal daar 14 dae wees waartydens die publiek teen die besluit kan appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ag tog ·

Ag die nuwe generasie is tog so slap . . hulle weet nie wie Steyn is nie so who cares wat word van die standbeeld . en OH . asb ek wil nie iemand anders offend wat dalk in apartheid (waarmee hy niks te doen gehad het nie) geleef het nie … julle fight verniet . die kommies gaan alles afruk en afhaal en bedek en weggooi wat aan apartheid/wit grens.

Rupert Ashford ·

Ronald Reagan het eenkeer gese die samelewing is te alle tye net een generasie daarvanaf om sy vryheid prys te gee.

Manie ·

Alles het begin toe die liberalis Jansen daar was. Hy het die pot aan die kook gehou vir linkses om die universiteit te maak wat hy nou is. n plek sonder enige geskiedenis of karakter. Maties is volgende

Oom Kalahari ·

Niks wat aan die blanke se geskiedenis herrinner word mag staande bly nie. Die ou holgeryde woord van in belang van transformasie is altyd op die voorgrond. Die een deel probeer hard om wel te transformeer en die ander nie. Verwyder Pres M.T. Steyn se standbeeld en vervang hom met een van Winnie Mandela. Meeste jongelinge ken in elk geval nie meer die geskiedenis nie, maar alleenlik die indoktronasie van 1994 af. Verwyder die standbeeld en plaas in veilige bewaring.

John ·

Ons weet presies wat gaan gebeur nog net nie wie se beeld nou op die podium gaan pronk nie maar ons kan raai en ook wie hoop dat hulle die eer toekom. Geen beelde ooit is ‘n beter opsie as lewendige mense nie want nerens is enige beeld sy sout werd nie veral nadat die voorwerp van nabeelding versteen het nie. Selfs skilderye van imposante vernames blyk later ideale eerder as werklike uitbeeldings te wees. Geen nabeelding van Joodse leiers kom uit eie geledere nie, net deur ander buitestanders. Kyk hoe word Christus deur die eeue misken en dit teen Sy sin en opdrag. Die dooie, glo helde, moet wat presies vir ons aandui? Dit is ons wat nou asemhaal wat moet opstaan en beweeg en doen… Laat die dooies die dooies vereer. Ons dien ‘n lewende God.

Bou eie man ·

Waarom nie hulle eie universiteite oprig , dorpe stig, strate bou en helde se standbeelde oprig nie, waarom net vat van ons?

Annika ·

want dit is soveel makliker as jy n nasie is wat nie self kan bou nie en net ken van afbreek om iets te vat sonder vergoeding want as jy ‘white privileged’ is al is jy brand arm het jy nie reg op jou eie goed waarvoor jy en jou voorvaarders bloed voor gesweet het nie. want dis makliker om iets af te breek as om iets te bou en dis makliker om iets net te vat as om daarvoor te werk

Patriot ·

Gaan huistoe en vra jou kind wie President Steyn was, en as hy of sy nie kan antwoord nie, lig hom of haar in ! Dis ons eie skuld dat ons kinders nie hul eie geskiedenis ken nie. Ons weet mos alle blanke geskiedenis uit die skole weg gevat is. Maar ons is vinnig om te kla ! Los jou klagtes meneer of mevrou, gaan klim op Google as jy nie weet wie hy was nie, en lig jou kind in !

CG ·

Die realiteit is dat President Steyn se standbeeld dit nie op die kampus gaan oorleef nie. Hoe verkeerd dit ook al mag wees, dit is die realiteit. Dit gaan of ordelik wees of met vernietiging of skade aan die monument. Ons moet sekere realiteite aanvaar (alhoewel ons natuurlik steeds daarteen beswaar moet maak.) Dr. Danie is reg. Die monument sal veel beter pas by die Vrouemonument. Pres. Steyn is tog daar begrawe. Die monument sal daar baie meer waardeer word en inspirasie veskaf. Ek is seker Kovsies wat gradeplegtigheid fotos by die standbeeld wil hê sal die moeite doen om dit daar te gaan neem Dink net aan al die ander treffende fotos wat daar geneem kan word: oa by die Bittereinder, Afskeid, Die Banneling, Agterryer en die Moeder en Kind groep. Of by die gediggie: “Daar het ‘n doringboompie vlak langs die pad gestaan….” Of by die blou replika van die Long Tomkanon. Of by die muur met die name van gesneuwelde Burgers. O genade tog, of by die uitbeeldings op die monument: “VOOR VRYHEID VOLK EN VADERLAND” en “IK SAL U NIET BEGEVEN IK SAL U NIET VERLATEN” Hierdie kan ‘n hele nuwe tradisie skep! Skuif asseblief die monument so gou moontlik!

piper ·

as dit UV n beter instansie gaan maak kan ek dit dalk aanvaar maar ek is bevrees die UV is op n afwaardse glybaan steyn of nie steyn nie.

Annika ·

Daar staan in die Woord mens mag van niks n afbeeld maak nie, nie wat onder die see, op aarde of in die hemele is nie. Die wêreld en SA gaan brand wat bekommer mense hul oor standbeelde? Verwyder die ding en gaan sit hom by die vroue monument of die voortrekker monument waar die mense wat rarig omgee daaroor vir die ding kan gaan kyk. Meeste studente weet nie wie hy is nie want die skole se geskiedenis het hulle net geleer oor apartheid. Die boere oorlog is vergeet, die ossewabrandwag is vergeet, selfs Chaka-Zulu is vergete en die slag van bloed rivier (meeste 18 jariges weet nie eers hoekom die voortrekker monument gebou is nie) alles is vergete, hoekom in die verlede vaskyk? Dis nie die rigting waarin ons beweeg nie. Oh en ons sê baie baie dankie vir FW De Klerk en die groot Queen,dit is wel agv hom dat julle ‘trotse boere volk’ uitgemoor word en julle geskiedenis verlore gegaan het. En onthou die wit-volk is die minderheid van SA julle stemme om standbeelde te hou gaan op dowe ore val want raai wat… jy is wit en beteken jy is outomaties n rassis as jy wit is en jy is ‘white privileged’ al het jy in die ‘gutters’ groot geword oh en glo in ‘white supremacy’

Lizl ·

Geen gesnede beeld mag aanbid word nie. Mens kan beelde maak, solank ons nie buig voor dit. Soos die mense wat so graag `n kring om nelson mandela se standbeeld maak en dan bid. Dit is sonde

Koos1 ·

Ek wil net vir daai student wat die middeweg soek, gou iets verduidelik. ‘n Middeweg is as 2 of meer partye iets opoffer ter wille van ‘n gemeenskaplike doel. Dis nie 1 party wat alles moet prys gee om nie verwerp te word nie! So wat gaan die ander partye prys gee, as die standbeeld moet gaan?

Adam ·

Elke nuwe dag is more deel van die geskiedenis. Dit is onsinnig om beelde af te breek. Voeg eerder beelde by wat di geskiedenis vir die nageslag behoue laat bly. Moet die mense in ander werelddele nou die Notre Dame, Collosseum, Statue of Liberty en Big Ben afbreek omrede ons nou in die 21 ste eeu is? Absoluut belaglik!!!!

Akademi Buktu ·

Is dit nie ironies nie: Die groot begin was Rhodes se standbeeld wat moes val, maar dieselfde mense veg vir uitgebreide landswye aanbidding van die grootste ‘standbeeld’ uit die Britse Ryk (of dan nou die koloniale onderdrukker), naamlik die Engelse taal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.