
Argieffoto
Die twee is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die vrou glo haar dogter, toe 11 jaar oud, aan die boer verskaf het vir seksuele doeleindes. Die vrou het glo ook haar dogter gedwing om nog twee meisies vir die boer te “werf”.
Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man en vrou staan tereg op 28 aanklagte, waaronder seksuele uitbuiting van kinders en mensehandel met seksuele doeleindes.
“As deel van die pleitooreenkoms het die beskuldigdes versoek dat van die aanklagte teen hulle laat vaar word, maar die staatsaanklaer was nie gelukkig daarmee nie,” het Ndwalaza gesê. ʼn Pleitooreenkoms is wel bereik sonder dat enige aanklagte laat vaar is.
Die beskuldigdes verskyn Donderdag weer in die hof wanneer hulle na verwagting gevonnis sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Pleitooreenkoms se gat. Hoe siek moet jy wees om sulke dinge aan jou kinders te doen????
Daardie arme kind/ers se lewens is verwoes. Doodstraf !!!
‘n Klag moet teen die staat gele word. Wettelose land, met wettelose gevolge!
Hoekom het die ma nie vir die boer nannas gegee nie, of is ooivleis te taai en besluit op haar dogter wat sagte lamsvleis het. Bêre die 2 lank in aparte selle en laat die inmates met hul enjins werk.
Seker in die naam van nasie bou…ek hoop nie dis ook die regering se skuld nie en ek hoop solidarity gaan die saak nie so los nie. Dis immers ‘n Boer.
Wonder watse boer? Kan net dink!