Ma, driejarige dood in huis gevind

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die liggame van ʼn 36-jarige vrou en haar driejarige kind is in hul huis in Mpumalanga gevind.

Die polisie is Dinsdagmiddag na die huis in Nhlazatshe, Elukwatini, naby Badplaas ontbied.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, is ʼn elektriese koord langs die vrou se liggaam gevind.

Die seuntjie se liggaam is in die badkamer gevind met ʼn skuimagtige stof in sy mond.

ʼn Saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en vorm deel van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

Ek kan die vraag antwoord maar ek is seker dit gaan my onder sensuur laat eindig.

LIEZL ·

Ongelukkig die boosheid wat oorneem. Maar ons krag lê in Hom, staan net vas

Melanie ·

Ons mag dalk dink wat ons wil en judge soos ons wil… maar o wee.. Vader gaan neerdaal met geen genade as dit kom by sy kindertjies nie.. 3 jaar!! ag daai klein lyfie.. rus sag .. ek weet nie waardeer jy is nie maar ek glo jy was nie alleen nie.. ek is so jammer jy moes seer kry.

Danie ·

Vir hulle was dit al uitweg ons lewe in n siek onstuimige omgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.