Ma vas oor video van ‘verwaarloosde’ kinders

Argieffoto.

ʼn 34-jarige vrou sal vandag in die Volksrust-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat sy in hegtenis geneem is op grond van ʼn video wat na bewering toon hoe sy haar vier kinders verwaarloos.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is gister in Kabokweni, naby Nelspruit, in hegtenis geneem op aanklagte van kinderverwaarlosing.

Die saak het onder die polisie se aandag gekom nadat ʼn video van die vier kinders, tussen drie en 13 jaar oud, wyd op sosiale media versprei is. Bhembe sê die video is glo deur ʼn man geneem wat homself as die kinders se oom voorgestel het.

Op die video kan gesien word hoe die kinders sonder toesig en in ʼn slegte toestand in ʼn straat rondloop. “Die kinders se ma het glo sedert die begin van hierdie maand die kinders in ʼn ongeventileerde plakkershut aan hul eie genade oorgelaat,” sê Bhembe.

Hy sê die polisie het onmiddellik die saak begin ondersoek toe die video onder hul aandag gekom het.

Die mediese toestand van die kinders was nie onmiddellik bekend nie.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het in reaksie op die saak ʼn beroep op ouers gedoen om behoorlik na hul kinders om te sien. “Veral in hierdie tyd waarin ons leef waar kinders deur misdadigers geteiken word om hul misdadige bedrywighede te bevorder,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Toffie ·

En hulle toekoms is nou daarmee heen. Nie a.g.v apartheid nie, maar a.g.v hulle eie ouers…..

Oja! ·

Ja, hoe meer kinders, hoe meer ‘grants’ wat sy natuurlik op haarself uitgee. Hulle moet die kinders uit haar sorg verwyder. Nog 4 vir ons belastingbetalers om na om te sien wat ons in elk geval doen. Kleintjies wil hulle hê en ongelukkig het die kiddies nie gevra om daar te wees nie!

fred ·

arm kleintjies….waarom kry die ma kinders???waar is die Pa????

Joubert ·

Hierdie mense moet aan hulself oorgelaat word. Ons probleme het gekom toe ons begin inmeng het.

andries makopa ·

Maag nog kinders , Dis hoe afrika werk ander mense sal na jou kinders kyk

Net my Opinie ·

Is dit net ek wat wonder hoekom die video nie in die 1ste plek vir die Polisie gewys was nie, maar op sosiale media gedeel is? Hoe lank het dit so om gevat vir die kinders om hulp te kry?

SoosDitIs ·

@Net my Opinie – Dit is deesdae vir mense soveel belangriker om die res van die wereld en sosiale media aan die gons te kry VOOR hulp ontbied word. Hulle weet mos vir n feit die videos kom altyd by die polisie uit as dit eers in die koerante oor berig word.

Siek samelewing waarin ons leef.

Hanna Hoekom ·

Ek het tot en met 2010 in n staatshospitaal in n landelike gebied in Limpopo gewerk. Ons het daagliks wangevoede en verwaarloosde kinders in die sale opgeneem. Kinders wat skaars hul koppe kon oplig, so swak was hulle. Die moeders was egter altyd spekvet en gesond met die nuutste haarstuk / vlegsels op die kop. Almal kry kindertoelae van die staat (een van die vrae met opname in die hospitaal). Tog trek die kinders aan die korste ent. Dis nie net die moeders wat hierdie kinders faal nie, maar indirek ook die staat/ANC. Ek noem met opset nie die vaders nie, want hulle speel weinig n rol in hierdie kinders se lewe. Feite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.