Die staat het alle aanklagte teen ʼn vrou teruggetrek wat haar 27-jarige dogter se verkragter in die Oos-Kaap vermoor het.
Die vrou het ʼn man met ʼn mes doodgesteek en twee ander beseer toe sy op hulle afgekom het terwyl hulle besig was om om die beurt haar dogter te verkrag, het die Nasionale Vervolgingsgesag Maandag bevestig.
“Die dossier is na die senior staatsaanklaer verwys en nadat sy al die getuienis ondersoek het, het sy besluit om alle aanklagte terug te trek, omdat daar nie enige vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging was nie,” het Luxolo Tyali, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.
Die vrou is vroeg in September in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.
Lede van die United Democratic Movement Women’s Organisation (Udemwo) het die vrou tydens haar hofverskyning ondersteun en gesê alhoewel hulle nie boendoegeregtigheid ondersteun nie, was die vrou en haar dogter se lewe in gevaar. “Enige ma sou dieselfde gedoen het as hulle hulself in dié situasie bevind het,” het Udemwo gesê.
Udemwo het die NVG se besluit verwelkom.
Die staat skuld haar ñ medalje en vergoeding! Hoop die beseerde sien ook sy 6vt!
Baie baie hartseer storie, maar die Ma is ‘n HERO in my oe!!!!
Gee haar n beloning! Dit spaar baie ander families baie hartseer. Sy is n held. Daar is sleg mammas wat toekyk hoe hulle babas verkrag word. Kyk na die Rustenburg saak!!! Sleg se ek bitter slegte ouers!
Sy moes nooit gearresteer word nie!
Vir n slag het reg en geregtigheid geskied. Mooi so mamma
Great . Ek sou dieselfde doen
Dis vreeslik sleg dat nog ‘n vrou/meisie verkrag is. Nogtans sien ek ook die goed in die slegte situasie raak: jou dogter weet jy gee vir haar om en dat jy in ‘n krisis daar was vir haar. Jy is deur en deur die titel “Ma”werd. So trots op jou! Baie sterkte met jou kind se heelword, beide fisies en emosioneel. Ek glo jou optrede sal bydra daartoe.
Mooi mamma trots op jou!
Ek sou presies dieselfde gedoen het as ek die mamma was! wel gedaan, alhoewel die arme dogter permanente skade gaan hê. Diè mamma is my heldin.
Daardie vrou verdien beslis ‘n medalje ! Jammer sy was gearresreer – sy verdien eintlik ‘n medalje en waar is die mense wat so mildelik huise beloof? Sy het die land beslis van ten minste een skurk verlos wat dit net weer sou doen!
Mamma HERO! Ek sou presies dieselfde doen! Plaas die SAP hulle toespits daaraan om die regte oortreders te vang, arresteer hulle die vrou wat in my opinie heeltemal reg opgetree het!
Knap gedaan, gee die twee beseerdes vir haar met n stomp mes, sy sal weet wat om aan hul te doen sonder om hul dood te maak,
Ek is so dankbaar die Ma het daar aangekom. Net jammer vir al d trauma waardeer die gesin moes worstel is ek onsaglik trots op die Ma, ek is so dankbaar die Ma is onskuldig bevind. Ek sou presies dieselfde vir my kinders gedoen het. Alle voorspoed op herstel van al die trauma. Sterkte en baie trots op Ma.
Hier moes nie eers ‘n saak teen hierdie vrou gewees het nie. Al het sy al 3 doodgesteek met daai mes. Sy was al persoon wat bereid was om haar dogter te gaan red. Die mense wat daai vrou hoor gil het eerder haar ma gebel en van haar ma verwag om die SAPS te bel en plan te maak. Toe die SAPS wat 45 min per voertuig van hulle af is nie die foon antwoord nie moes sy vrou alleen die verkragters aandurf. Mooi so, dapper Mamma, mooi so en baie dankie. Van net nog ‘n mamma met ‘n dogter wat presies dieselfde as jy SAL doen.
En wat het geword vd twee beseerde maatjies? Waarom is hulle nog nie aangekla vir verkragting nie? Vra maar net. Hulle was baie haastig om die ma (held in die verhaal) te arrestreer.
Uitstekend vir die moeder, sy is ‘n held.