Ma voor kind vermoor

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Ouerpaar is Maandagaand in hul huis in Motherwell in Gqeberha doodgeskiet terwyl hul vyfjarige seuntjie, nog twee kinders en ’n familielid (wat glo verstandelik gestrem is) ook in die huis was.

Volgens Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is die 34-jarige ma ten aanskoue haar eie kind, asook twee kinders van familielede, onderskeidelik vyf en sewe, in die kop geskiet terwyl hulle televisie gekyk het.

Die man is in ’n slaapkamer oorval waar hy verskeie kere geskiet is. Die voorval het in Bikanastraat in NU1 plaasgevind. Die polisie het die slagoffers as Zimkita en Siyabulela Takuta geïdentifiseer.

Die kinders en die volwasse familielid was tot omstreeks 10:00 die volgende dag in die huis, toe die ma van die ander twee kinders hulle gaan haal en op die gruvonds afgekom het.

Naidu sê die motief vir die moorde is onbekend, en dat die polisie sy 72‑uur‑aktiveringsplan in werking gestel het om die verdagtes op te spoor.

Twee moordsake word ondersoek.

Enigeen met inligting kan kapt. Monde Sitole by 082 457 2812 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marius ·

Het SA oorlog verklaar en net agter gelaat om die hele land in te lig daaroor???
Dit gaan erger as in n oorlogsone in die land op die stadium.
Hoedman – dit help nie jy besoek ou mistaad tonele nie , jy moet daar wees nog voor dit gepleeg word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons bevolking is reeds 62 miljoen en groei teen ver meer as meer as 1 miljoen per jaar. Ons ekonomie sukkel om teen zero persent te groei. Dis ‘n resep vir chaos.

Gaitsigubib ·

Marius, SA se moordsyfer die hoogste in die wereld vir ‘n land wat nie in ‘n burgeroorlog is nie. Some dink ek daar is afmerkers wat dalk skade op die voorste brein lobbe het. Dit gaan mens nie help om te vra wat verkeerd is met jou skrywe nie.

Waarnemer ·

Die polisie se 72 uur aktiveringsplan word in werking gestel maar wanneer aktiveer hulle die plan by n plaas moord?

Herpiet ·

Nie belangrik vir hulle nie. Dis vergelding vir die “struggle”

Johan ·

Dis nie net boere en blankes wat geteiken word nie, alle Suid Afrikaanse burgers is teikens van kriminaliteit en moorde. Die aard van hierdie kriminaliteit is net ondenkbaar. Iewers moet daar ‘n keerpunt kom hiermee.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ongelukkig sal dit nog vir dekades aanhou.

Kobus ·

Motief is onbekend. Nie nodig vir ‘n motief nie want in SA word mense net vir die lekker vermoor. Die arme slagoffers het nie ‘name” nie, so Cele sal nie die toneel besoek nie want hy sal geen TV dekking kry nie.

Samuel ·

Dit is beslis nie show time vir Cele nie, maar hierdie moord is onsinnig.

007 ·

Die duiwel is los in ons land. Die Polisie vaal ons, die howe vaal ons, binnelandse sake vaal ons en grensbeheer bestaan ook net vir die wettige toeriste of werkers. Ons moenie dink dit sal beter gaan nie. Inteendeel ons is reeds oor die afgrond.

Byekonfyt ·

Here, help daai kinders om hierdeur te kom en stuur asb. iemand oor hulle pad wat vir hulle die karakter van Jesus Christus kan wys sodat hulle nie deel van n bose kettingreaksie word nie.

Miena ·

Naidu weet dat dit nie in ons SA regstelsel nodig is om motief te bewys in die hof vir n misdaad nie. Nou wonder ek hoekom sal sy so iets opper?

Surfer ·

Vra Sisulu, sy gaan seker nou ook se, NET 2, n veilige land die.

Danie ·

Die dag wat een van ons in n loop of blink lem vaskyk is nie ver.Ons moet opstaan en organisasies ondersteun en ons stemme dikmaak teen misdaad voordat as dit nie alreeds te laat is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.