Maimane: ‘ANC, EFF staan saam vir mag, korrupsie’

Mmusi Maimane, DA-leier. Foto: ANA

DA-leier Mmusi Maimane het Saterdag gesê die ANC en EFF se alliansie oor die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding is “’n alliansie wat gló die staat moet alles besit en beheer en boonop rasseverdeeldheid voorstaan”.

Maimane het dié uitlatings by die bekendstelling van die DA-Gauteng-Oos se verkiesingsveldtog in Germiston aan die Oos-Rand gemaak.

Hy het gesê die ANC en EFF se stemme ten gunste van ʼn verslag wat aanbeveel dat die Grondwet gewysig moet word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is stemme vir dieselfde “korrupte begunstigingstelsel wat reeds in munisipaliteite vervolmaak is, maar nou op massiewe skaal sal gebeur”.

“As hierdie plan voortgaan, het die ANC die ekonomie geknoei om ten gunste van dié met politieke bande te wees en die res van die mense uit te sluit. Al die mag om te besluit wie kry toegang tot grond en wie nie, sal in die hande wees van dieselfde mense wat die boosheid van begunstigingpolitiek vervolmaak het,” het Maimane gesê.

Hy sê die geskiedenis het reeds bewys wat gebeur wanneer politieke partye oor dié soort mag beskik. “Ons het dit gesien in Zimbabwe en ook in Venezuela. Hierdie magsbehepte regerings het beweer hulle tree in die belang van armes op, maar het hul eie lande vernietig en veroorsaak dat miljoene burgers na buurlande gevlug het om weg te kom van die verpletterende armoede wat gevolg het.”

Maimane het daarop gewys dat grondonteiening sonder vergoeding aanvanklik nie eens die ANC se plan was nie, maar dat die EFF dié voorstel gedryf het. “’n Jaar gelede wou die ANC niks met hierdie plan te doen gehad het nie, maar nou is hulle onskeibaar van die EFF. Hulle het hul hele beleid oor grond uitgekontrakteer aan ʼn gewelddadige, radikale randparty wat skaars 6% van die stemme het.”

Die opposisieleier het daarop gewys dat die ANC en EFF, wat eens mekaar se teenstanders was, nou begin om hul politieke beleidsrigtings in ooreenstemming te bring. “Hulle het saamgesmelt rondom nasionalisering, of dit nou grond, die Reserwebank of gesondheid is. Hulle het saamgesmelt rondom ras en rassenasionalisme om ʼn samelewing van ‘ons’ en ‘hulle’ te skep. Hulle het saamgesmelt rondom korrupsie – vir die EFF was dit VBS en vir Ramaphosa en die ANC was dit Bosasa, maar dit is dieselfde ding.”

Maimane het gesê dit is wel ʼn goeie ding dat die ANC en EFF se “koalisie” nou openlik is sodat kiesers weet waar hulle met die twee partye staan. “Hulle moet weet: met ʼn ANC-EFF-alliansie kry hulle ʼn party wat gló die staat moet alles besit en beheer, ʼn party wat glo aan rasseverdeling en rassemobilisering en ʼn party wat mekaar se korrupsie wedersyds sal ondersteun en verberg.”

Hy het die DA se standpunt beklemtoon dat die Grondwet beskerm en ʼn markgebaseerde ekonomie aangemoedig moet word. Hy het bygevoeg die blou party glo aan nierassigheid en duld nie korrupsie in enige plek of vorm nie.

“Suid-Afrika kan nie aangaan op hierdie pad as ʼn verdeelde land nie. Ons kan nie toegee aan die populiste wie se enigste rede hoekom hulle aan bewind is, bloot is om nog mag te bekom nie. Suid-Afrika verdien meer as dit. As ons dié land wil omdraai, as ons weer lewe in ons ekonomie wil blaas en werk vir byna 10 miljoen werklose Suid-Afrikaners skep, sal ons almal moet saamwerk. Let wel, een nasie wat een gedeelde doelwit najaag.”

Maimane het gesê dit is nie nodig om die Grondwet te wysig om grond aan mense te gee nie. “Ons het net die politieke wil nodig om dit te doen. Om hierdie artikel van die Grondwet te vernietig, sal ekonomiese bemagtiging vernietig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Al ·

Ek stem 100% saam. Op die pad wat ANC en EFF is, gaan daar net verloorders wees en geen wenners – behalwe ñ groep magsbehepte en korrupte amptenare.
Grace Mugabe het vd hele wêreld gewys sy kan plase wegvat van die einste swartmense wat haar man aan bewind gebring het – en hul aan hul eie honger genade oorgelaat.

Callie ·

As hy nt dade by woorde wil voeg. Ek ondersteun nie DA maar hy stel dit absoluut korrek. Dis presies wat hier gebeur en n magdom liberalistiese idiote sien nie wat gebeur nie.

Adam ·

Ek ondersteun ook nie die DA nie maar wie is die “magdom liberalistiese idiote” na wie jy verwys. Sover my kennis strek is ‘n groot deel van die blanke steun aan die DA afkomstig van die ou KP, maw hulle kom uit die konserwatiewe geledere en is bloot DA toe omrede hulle bedreig gevoel het en die DA darem so ‘n witterige skynsel het.

Waarheid ·

Jy is onder dieselde sambreel as die eff so jy kan maar stilbly.

Frikkie Geld en huis ·

Ja, die EFF is eintlik SA se beleidmakers. Die ANC volg hulle slaafs na.

Pop ·

Mmusi, dankie dat jy stadpunt inneem teen die spul wat rassehaat aanblaas en alles wil inpalm. Julle sal ook maar moet koalisies sluit want teen daai 2 partye gaan julle nerens kom nie.

TheresaT ·

Mmusi, en waarvoor jou party meer staan weet die vader alleen. Jy kan jou maar regmaak vir n helse ontnugtering volgende jaar

Netso ·

Is die woord honde ook as RASISTIES in die wetgewing.? Almal wat ñ plaas se omstandighede ken weet wat gebeur as dit nie jou yard se woefies is wat op jou grond draf nie. Blaf maar Mmsui dalk moes jy ook nie geraas gemaak het dat ons eerder gedink het jy was ñ leë blik nie?

Peet ·

Mmusi, ek waardeer jou kommentaar, maar jy is bietjie van ‘n liggewig…

TLC ·

Moesie
En as jy kon praat wonder ek wat sou jy sê
Genugtig jy is niks beter as hulle nie
En dan is jy nog n bangat ook
Nog nie 1 keer uit jou mond gehoor
Kom ons help die boere wat so uitgemoor word nie
So al wat jy mag sê is nag sê en dan moet jy dit nog sag sê ook
So wat ek vir jou sê is shutup

John ·

Wie het die EFF op die map geplaas? Die party was ‘n vlieg teen die dak maar die DA se drang om die beheer oor sekere munisipaliteite te verkry en die rooipette daarvoor gebruik het, het hierdie party nou die vlieg in die paai help maak. Malema wil president word en hy sal ook die ANC gebruik om sy dwase oogmerk te bereik. Die kerel wil mag he al is dit oor die laaste miskoek wat van hierdie land oorbly…

Johan ·

Die storie waai soos n blaar in die wind. Die DA is n uitgesproke voorstander van Broadbase Black Economic Empowerment. As enigiemand dit ondersteun moet hy versigtig wees met sy uitsprake rondom nie rassigheid. Feit bly staan, hulle is almal dieselfde. Soek mag en leef dan soos konings. Suid Afrika is moeg vir dit. Dit kan nie so aangaan nie…

Maljan ·

Moet jy nou veralgemeen johan. “Suid Afrika is moeg vir dit” Hello? Praat jy van jou en jou braaivleis buddies? “Suid Afrika” vee hulle gatte af aan ons. As die meerderheid verniet kan kry, sal hulle aanhou skep, oor en oor en oor. Kyk maar as daar gratis kos uitgedeel word, vat hulle die grootste porsies, hap hier en daar en gooi die res weg. So sal dit ook gaan met die plase sodra hulle besef hulle kry nie die boer saam nie maar moet self werk, word dit ook weggegooi en aan beweeg. Daar is mense wat oor en oor en oor bemagtig was in die naam van bbbee. Het nie die moed van hulle oortuiging om n sukses van enige iets te maak nie en word dan vir die volgende projek bemagtig. Natuurlik op die belasting betaler se rekening.

Nick Oosthuizen ·

DA is net so korrupte spul gemors!! Trust hulle nie en hulle doen wat anc sê hulle moet doen , DA is volk veraaiers !!

zoom zoom ·

‘n Goeie voorbeeld van die berig is duidelik besig Om in Tshwane Te gebeur. Selfs die werkers toon dit in hulle dagtaak.

Hansgat ·

En jy Mmusi is seker ‘n engeltjie? Jy is net so korrup en sal enige iets sê om mag te bekom! Kon nie eers een saak (Patricia de Lil) reg hanteer nie. Jy hoort in Zuma se kraal!

Irene ·

Julle wat so oor die DA aangaan gaan trek tog julle kruisie vir die eff e sien wat gebeur dan

Sarel ·

Hi Irene, het jy nie gehoor Musi die ANC se 80/20 beginsel is ook die DA sin nie. Dus sal daar weer Kubane in gevlieg word om die Samel voertuie kastig te herstel en sal wit SA burgers wat dit al die jare gedoen het steeds nie mag nie . Dink tog bietjie mooi of enigiets anders sal wees onder DA beeindiging . Die wit politiekuste sal ook een verdwyn tot alles swart is .

Gert ·

Baie gooi klippe. As mense stil bly gee hulle hul goedkeuring aan die korruptheid. Wanneer jy jou kruisie gaan trek sal dit op jou gewete wees. LUISTER: Moenie die baba met die bad saam weggooi nie. DA het sy foute en leer daaruit. Word wakker mense as ons SA wil terug bring. Ons moet sterk SA bou as ons wil bo uitkom. Klippe gooi help nie.

RG ·

Van julle is baie snaaks. As ek lekker wil lag, lees ek net MM kommentare.

RG ·

Persoonlik hou ek nogal van ou Moesie. Hy moet net ontslae raak van dieTheresa May clan.

aj ·

SA is reeds vernietig … sal nooit weer herstel nie.

Roof, moor, stroop en verbrand het nog net begin … anargie lê voor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.