Maimane sê SA se probleme is polities, nie geldelik nie

DA-leier Mmusi Maimane (tweede van links) en ander DA-leiers ná die party se federaleraadsvergadering in Johannesburg (Foto: DA/Twitter)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê die wortel van Suid-Afrika se ekonomiese probleme is polities, nie geldelik van aard nie.

“Die belangrikste kwessie in ons land is ongetwyfeld ons katatoniese ekonomie wat versuim om werkloosheid te bekamp en waar belastingbetalers doodgedruk word,” het Maimane aan verslaggewers in Johannesburg gesê ná die DA se eerste vergadering van sy federale raad ná die algemene verkiesing op 8 Mei.

“Werkloosheid het sedert 8 Mei ʼn rekordhoogtepunt van 38% bereik, met 9,9 miljoen mense wat nie ʼn werk het nie. Dit word vererger deur ekonomiese groei wat met 3,2% gedaal het tydens die eerste paar maande van die jaar – die grootste afname in ʼn dekade,” het hy bygevoeg.

“Daar is ook ʼn volgehoue aanval op die onafhanklikheid en die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Suid-Afrika se geldkas word leeg en die voorgestelde oplossing is om nog meer geld te druk. Dit is ʼn rampspoedige beleid en ons hoef nie verder as ons bure, Zimbabwe, te kyk vir die bewys daarvan nie. Die federale raad het eensydig bepaal dat die onafhanklikheid van die Reserwebank onaantasbaar is. Die wortel van die land se ekonomiese probleme is nie geldelik nie, maar polities van aard.”

Hy het gesê Suid-Afrika se ekonomiese dooiepunt kan nie een dag verder geïgnoreer word nie. “Sonder ʼn groeiende ekonomie sal nog miljoene werkloos wees, ongelykheid sal toeneem en Suid-Afrikaners sal al hoe armer word. Die land het algehele hervorming nodig en die DA het ʼn agenda vir hervorming wat sy fokus sal wees oor die volgende 100 dae en daarna.”

Dit sluit die DA se wetsontwerpe oor indiensneming en goedkoper energie in, hervorming van arbeidswetgewing, teenstand teen enige veranderinge aan die onafhanklikheid en mandaat van die Reserwebank, alternatiewe vir die huidige raamwerk vir staatsbeheerde ondernemings, alternatiewe vir die bestaande Mynbouhandves, teenstand teen bedreigings op die ekonomie en fiskus soos die Nasionale Gesondheidsversekering en onteiening van eiendom en grond sonder vergoeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

schaun ·

Hy doen ,ook die verwydering van afrikaans as onderrigtaal en dan is daar nog afrikaans sprekende mense wat in hulle hordes vir hom stem.

Kallie ·

Gaan lees weer die laaste vier paragawe en sê of jy dit verwerp.

Msp ·

Een ding wat alle politieke party moet doen voordat hulle gekwalifiseer om hulle party re registreer is om die COMRADES MARATHON te hardloop. Dalk kan hulle leer hoe om ń opregte Suid Afrikaanse land te regeer.

JWC ·

Wel Msp… dan is die saak halfpad gewonne… hulle is almal reeds comrades….

Johan ·

Suid-Afrika se ekonomiese probleme word deur politieke besluite vererger. Dis baie waar. Werk skepping word gekniehalter deur ondeurdagte wette wat nie die ekonomie stimuleer nie.

Peet ·

Mnr Maimane, dit is een van die meer sinvolle redenasies wat jy of jou party die afgelope paar jaar kwytgeraak het. In die baie onlangse verlede het jy in diepte teen Zille te velde getrek oor haar regverdige opmerkings oor kolonialisme. Van jou leierskorps was voorbokke in die betogings vir die afskaffing van Afrikaans op Tuks en die verguising van die onderwyseres op Sweizer-Reneke. En al hierdie goed was kleinlike politiek waarvoor jy behoorlik gestraf is by die stembus. Sien jy nou wat ingeligte mense die heeltyd bedoel oor goedkoop politieke punte…

Andreas ·

Maar hy het ook ‘n paar ander dinge aangekondig wat ‘n waterskeiding in die party tot gevolg gaan hê. Die oë op die toekomstige kiesers gerig.

Andreas ·

Ek dink nie die VF Plus sal omgee om die Afrikaners wat tydelik deur die DA geleen was terug te verwelkom nie.

Denise ·

Julle sit die pot mis….geen leier of koning of politieke party kan meer red nie, Andreas!
Julle doen lynreg,waarteen die bybel waarsku in EF 6:12

piet piet ·

Solank diskriminerende wette teen minderhede toegepas word sal die ekonomie nooit groei nie solank die rasistiese bee en swart bemagtiging in plek is sal werkskepping nie gebeur nie ,hoekom kan die DA stemmers en hulle vernote die anc en eff dit nie verstaan nie.

Heinrich ·

Ek stem saam Piet Piet. Die DA het dieselfde aanslag met rasstellende aksie en SEB en tog raas ou Musi nou dat hulle die ding sal kan omdraai, terwyl dieselfde stelsel wat hulle so aanhang nou bewys is dat dit nie werk nie.
Musi, kyk bietjie na daardie kamtige leuse van julle daar agter jou teen die muur ‘Een Suid-Afrika vir almal’. Huidiglik moet daar nog ‘n * agterna wees, met die voetnota *behalwe as jy wit en Afrikaans is.
Tot tyd en wyl jy jou leuse volledig toepas (sonder enige voetnotas) en ophou om dieselfde politieke benadering aan te hang wat nou bewys is dat dit nie werk nie, gaan jy nie ander resultate verwag nie.

Juanita van Jaarsveld ·

Mmusi, een van die grootste probleme is jy. Jy het my en my hele gesin se stemme verloor want jy het dit duidelik gemaak op meer as een geleentheid dat jy nie ons belange vooropstel nie. Ons is wit en ons boer. En dit vir jou is n onaanvaarbare kombinasie. Koebaai, ons sal julle nie mis nie

Jurie ·

Maimane is die beste bemarker vir die ANC en die VF +,hoe vinniger die DA van hom en sy belaglike uitsprake ontslae raak hoe beter.

Skiet myself in die voet. ·

BEE. niemand kan daarmee verskil nie. Sal ook nooit verander nie

Ruiklont ·

Die mense het bewys met die verkiesing hul wil soos die res van afrika wees en dit is hoe hul daarna werk. Praat beteken absoluut niks, wat tot uitvoering kom (niks) is die ware jakob

humor ·

Stem saam t.s.v. die vele knelpunte van die DA is hier iets baie sinvol gestel. Dit weet ons egter almal. Maar of die regering ontvanklik vir hd waarheid is, is egter sterk te betwyfel. Hul het nou maar eenmaal vasgeval met die struggel – konsep.

Boet Fasie ·

Ja nee geld is nie ‘n probleen in die Wes Kaap nie, werkloosheid is die probleem, nou gaan ons belasting geld gebruik en die hele Wes Kaap vol dagga plantjies plant en aan die res van die land verkoop. Die DA glo ,om ” high ” te wees is die oplossing vir al ons probleme, van ESKOM tot SAL en staatkaping, eish

Gert van Wierdapark ·

Hy het dit nie duidelik genoeg gestel nie. Die wortels van die probleem is politici in die algemeen, en die a en see in die besonder. Hul kyk gewoonlik net agter hulself en hul tjommies/agter-ryers, terwyl ons as stemvee die gelag moet betaal!!!

Adam ·

Mnr Maimane, indien jy kan regkry wat in die laaste paragraaf van die berig gerapporteer word, sal ek my woorde dat jy ‘n hopelose leier is terugtrek. Ek sal egter nie my asem ophou nie.

willem Botha ·

Mnr Maimane, vra jouself die vraag af wat doen jou party vir afrikaans sprekende mense ,ons is die minderheid en verwag dat as n party leier jy sou opstaan teen diskriminasie teen ons en veral teen ons kinders wat na 25 jaar nog steeds deur wetgewing onderdruk word en nie spesiale behandeling verwag nie ,net regverdigheid en gelyke regte.Mnr jy het die toets gedoop en daarom sal my en my familie se stem nooit weer agter jou party getrek word nie.

Jimmy ·

Afrikaners kan mos na hulle self omsien. Hoekom moet die DA dit doen?

Dirk ·

Die probleme in SA is ideologies anargisties. Al die bestaande strukture wat werk moet tot stilstand gebring word, sodat dit uiteindelik aan niemand behoort nie en deur die staat oorgeneem word.

Heinrich ·

Beslis Dirk, jy gee nou die definisie van ‘transformasie’.

fred ·

Maimane ons weet dit al JARE….NIKS sal verander as daar nie n kultuur van WERK geskep word…..die meerderheid blameer als en iedereen vir hulle bestaan…blameer apartheid…blameer kolonisasie…blameer slavery…Europa het na 2 oorloge begin te werk,het nooit my ouers en grootouers gehoor dat hulle die Nazis verwyt,n dag na wapenstilstand het die ganse Europa,mans en vroues n graaf en kruiwae gevat en begin met die puinhope te verwyder….en begin met die OPBOU.
Die laatste jare het Zuid-Afrika biljoene Rande gekry van die buiteland…..wat het hiervan geword?????

Saint ·

‘n Politieke leier wat nie kan wanadministrasie deur oneerlike politis iets ‘ngevaarlike ekonomiese impak het moet homself liewer van die toneel verwyder voordat hy bydra tot die land se probleme.
Eenogig kyk op landsprobleme gaan nie die ekonomie oplos nir

Eunice ·

DÍS ÓNS PROBLEEM IN SA!!!
Óns sg.”christene” val politieke leiers en politieke partye aan,dat die spoeg so spat!
Ons VEG tog,só lekkerrr teen vlees en bloed en mense!!!
TERWYL óns,die GROOT WAARHEID totaal mislees en ignoreer…!
EFFESIËRS 6:12: ” die STRYD is nié teen vlees en bloed nie,maar die STRYD is ini GEES,teen satan en sý magte”

Sooo SA kán maar VERGEET!
GÉÉN politieke leier of geen politieke party,kán óns meer RED nie!!
WELGEDAAN VEG VOORT TEEN VLEES EN BLOED kastige christen aftikaner, jul sal BLÝ SPÍN op een plek,tot in lengte van dae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.