Die Demokratiese Alliansie het Saterdag gesê dat Julius Malema regstreeks op televisie om verskoning moet vra vir sy uitlatings in die publiek wat verdeeldheid saai.
Die EFF maak Saterdag by Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg, sy verkiesingsmanifes vir 3 Augustus bekend.
Malema word ondersoek vir hoogverraad nadat hy tydens ʼn televisie-onderhoud gesê het die EFF sal, onder andere, “wapens opneem” teen die regering indien die ANC probeer om die verkiesing te knoei.
Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, het Saterdag gesê die EFF is ʼn “radikale party wat wil hê dat wit mense en swart mense mekaar moet haat”.
“Dit is ʼn party wat beleggers skrik op die lyf sal jaag en werkskepping sal voorkom. Dit is ʼn party wat – gegewe die geleentheid – weer geld van mense sal steel. En dit is ʼn party wat, indien hulle die kans kry, weer geweld en chaos in ons dorpe en stede sal toelaat,” het Van Damme gesê. “Die realiteit is dat die EFF te ekstreem en radikaal is om te regeer. Net soos die ANC, sal die EFF Suid-Afrika in die verkeerde rigting neem.”
Sy het gesê namens die DA daag sy Julius Malema, die leier van die EFF, om die geleentheid te gebruik tydens die regstreekse uitsending [van die bekendstelling van die manifes] om om verskoning te vra vir Suid-Afrika vir sy radikale uitlatings.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Regtig en dit gaan ons land weer regmaak ASB al waarvoor hy omverskoning moet vra is dat hy asemhaal
Ons hoop dat alle jong en ou verstandlose EFF ondersteuners Phumzile se wyse raad verstaan en hulle ondersteuning aan hulle verstandlose leier sal heroorweeg.
Malema en sy ondersteuners hoef nie verskoning te vra nie want gaan leë woorde wees. Ons almal weet wat in hulle harte aangaan.
Onthou die ANC se grootste bondgenoot in elke verkiesing is die OVK. Hul sal bepaal hoeveel van die stemme na die ANC sal gaan. Die DA en EFF is opportuniste was net aas op die ANC se swakhede.
DA bepaal julle by julle eie optrede om stemme te werf en vergeet om aan ander voor te skryf. Ek wil julle sien en hoor waar ek woonagtig is.