Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, het Donderdag vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Die saak teen Meekahefele Masooa is tot 21 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Masooa (43), ʼn arbeidskonsultant, is tydens sy vorige hofverskyning op 17 Februarie op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Pearce is op 14 Februarie vanjaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet nadat hy en Masooa glo in ʼn konfrontasie was. Albei mans het vuurwapens by hulle gedra. Moosa het in ʼn sedan bestuur. Hy het tydens sy borgtogaansoek in die hof aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het.
Lees ook:
Padwoedevoorval: Man in hof
Padwoedevoorval: Verdagte kry borgtog
Padwoedeaanval: Man in hof wat glo motorfietsryer doodskiet
Man vas wat glo motorfietsryer doodskiet
Motorfietsryer glo in padwoedeaanval doodgeskiet
As ek in Meekahefele Mosooa se skoene gestaan het, sou ek beslis nie gewuif en gelag het nie.
Die blikskottel lag en wuif omdat hy weet dat hy niks gaan oorkom nie.
Lyk regtig na ‘n arrogante houding, asof hy weet hy gaan wegkom daarmee.