Malinga dalk in Januarie gevonnis

Lizel Visagie (38).

Verskeie getuies het Maandag ter strafverswaring by die vonnisverrigtinge van Khumbulani Malinga getuig. Dié verrigtinge sal op 10 Januarie 2022 hervat waarna landdros Andreas Masteroudes na verwagting Malinga sal vonnis.

Malinga is in Oktober in die streekhof in Middelburg skuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag. Hy het skuldig gepleit op hierdie klagte nadat hy Lizel Visagie in Maart 2019 doodgery het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag in hierdie saak op.

Visagie het tydens die voorval haar dogter (wat toe minderjarig was) uit die pad van Malinga se motor gestamp terwyl hy besig was om vir die verkeerspolisie te vlug. Malinga het Visagie se been afgery en sy is onderweg na die hospitaal oorlede.

Die verkeersbeampte van wie Malinga tydens die voorval weggejaag het, het gister getuig oor die grusaamheid van die toneel, asook die feit dat Malinga oor vier rooi verkeersligte gejaag het nadat die beampte hom afgetrek het.

Lizel Visagie (38) en haar dogter, Ceriza.

Verder het Visagie se ma, Marie Hamman, getuig oor die onomkeerbare impak wat die verlies van haar dogter op haar en haar familie se lewens gehad het aangesien haar dogter haar finansieel ondersteun het en vanweë die feit dat haar kleindogter moes emigreer ná haar ma se dood om by haar pa te gaan woon.

Malinga het self ook getuig en redes geopper ter strafversagting.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is van mening dat die vonnisverrigtinge tot op hede goed verloop het en dat geregtigheid ook ten opsigte van die vonnisoplegging sal geskied. Ons verwelkom die uiteindelike besluit van die nasionale vervolgingsgesag om die beskuldigde wel te vervolg om te verseker dat hy nou gevonnis kan word vir die gruweldaad wat hy gepleeg het,” sê Wico Swanepoel, prokureur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

As hy afgetrek het toe die polisie hom versoek het om dit te doen sou dit nie gebeur het nie. Geen versagting nie.

Waarnemer ·

Straf versagtiging?Regtig?Hy behoort skuldig bevind te gewees het aan MOORD.Ons land moet Egipte se straf maatreels in stel…n oog vir n oog en n tand vir n tand.

Peach ·

Waarnemer, dit kan net nadelig vir SA se belasting betalers wees want, dan sal ¾ vd bevolking SASSA tandelose blinde muise wees.

Nico ·

2 Jaar na die ongeluk en die beskuldigde is nog nie gevonnis nie, wat is die rede dat die hof so draai, daar is geen versagting vir hom nie, sluit hom toe en gooi die sleutel weg.

Francois ·

En December kom hy vry van Ramaposa se kersfees belofte om klomp gevangenes vry te laat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.