Man beseer toe hy glo wou roof

(Foto ter illustrasie / Emer-G-Med)

’n Man, ongeveer 30 jaar oud, het matige beserings opgedoen toe ’n sekerheidswag hom Maandag tydens ’n voorval op Coweyweg in Durban, KwaZulu-Natal, in die arm geskiet het.

Luidens Emer-G-Med se verklaring wou die man glo ʼn gewapende roof uitvoer toe die sekerheidswag ingetree het.

Die verdagte het na bewering gepoog om die sekerheidswag met ʼn mes te steek en is gevolglik geskiet.

“Met Emer-G-Med se aankoms op die toneel was verskeie wetstoepassingsagente reeds op die toneel. Die man het ʼn skietwond aan sy arm opgedoen en is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal vir verdere behandeling geneem is.”

Die sekerheidswag is nie tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jr ·

Nou gaan die sekurieteits man aangekla word en Celery hoed sal die diefs se familie kuier en berading gee.

Pierre ·

Nou sal die sekerheidswag sekerlik aangekla word vir een of ander belaglik oortreding.

Cherokee ·

Moeilik om te verstaan waarom sommiges nie besef dat diè tipe sake ondersoek moet word, ter stawing van wat vertel word.

Slypsteen ·

Die kommentare is nie oor of daar n ondersoek moet wees nie of nie, maar oor die polisie meer gepla is oor die oortreder se welstand as oor die slagoffer.

Delia ·

Polisie kan net doen wat wetboeke sê. As hulle moet sake open, dan moet hullle

Kerneels ·

Hoe het die cowboys altyd gesê: “don’t pull a knife in a gunfight”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.