Die park is op die hoek van Meyerstraat en 33ste Laan.
Die polisie is in die vroeë oggendure ontbied nadat iemand op die lyk afgekom het.
“Die man is ongeveer 60 jaar oud,” het kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie aan Maroela Media gesê.
Die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en die ondersoek duur voort.