Man gevonnis ná Maselspoort-voorval

‘n Skermgreep uit die video op sosiale media.

Jan Stephanus van der Westhuizen is Dinsdag in die streekshof in Bloemfontein gevonnis vir sy betrokkenheid by ʼn bakleiery wat op Kersdag by die Maselspoort-vakansieoord plaasgevind het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê Van der Westhuizen het Maandag in die hof skuld beken op ʼn aanklag van aanranding.

Hy is ʼn boete van R4 000 of 12 maande tronkstraf opgelê.

“Hy is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer op ʼn klag van aanranding skuldig bevind word nie,” sê Shuping.

Die klag spruit uit ʼn bakleiery met twee tienerseuns by ʼn swembad by die Maselspoort-vakansieoord verlede jaar.

Van der Westhuizen het ook amptelik vir die tienerseuns en hul familie om verskoning gevra.

Van der Westhuizen is ná die voorval saam met Kobus Klaassen en Johan Nel in hegtenis geneem en aangekla van aanranding en crimen injuria. ʼn Bykomende klag van pogting tot moord staar Klaassen in die gesig.

Nadat die NVG met die familie van die klaers beraadslaag het, het die staat besluit om nie voort te gaan met die aanklag van crimen injuria teen Van der Westhuizen nie, sê Shuping.

ʼn Video van die voorval is destyds wyd op sosiale media versprei en het eindelik ʼn sogenaamde rasherrie veroorsaak.

In die video kan gesien word hoe die drie wit volwasse mans en twee swart seuns in ʼn onderonsie betrokke is.

Klaassen en Nel sal na verwagting weer op 3 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alex ·

Wat nie op die video is nie is dit wat weereens veroorsaak het dat bakleiery begin is.

Goldy ·

Jys reg, selfde as by spur en vele ander voorvalle. Die ANC rashaataanblasers sal nie vir ewig kan wegkruip vir die opgeneemde feite nie, hulle sal eendag verantwoordelik gehou word vir die saad vir geweld teen mensdom wat hulle saai. Deesdae is daar n spoor van kommunikasie wat nie vernietig kan word nie.

Katinka ·

‘n men’s moet so versigtig wees, alles word deesdae op selfoon opgeneem sonder dat jy weet, dan word dit teen jou gebruik. Stap eerder weg en geniet jou dag met Jou familie.

Hermann ·

Stem saam. Die persoon wat al die “af duimpies” wys, is seker een van die persone wat altyd sy foon uitruk en afneem..

George ·

As dit nie vir selfoon footage was nie, was dit die tieners se woord teen die ander, en wie se kant dink jy gaan die hof vat oor sekere woorde? So dankie aan dies wat opneem.

Nettie ·

Dit was die sussie wat dit opgeneem het, maar sy het nagelaat om dit wat vooraf plaasgevind het, op te neem. Sekere dinge was… uh… beplan, George.

Agie@toeka ·

Ja die klomp in geheel het verkeerd opgetree maar nou word die ou gestraf maar die”instigators” loop weg en lag!! Waar is die regverdigheid? In die land is die immorele waardes reg en die moreel is verkeerd! Eind tyd is op hande!!

Mariana ·

Dis tyd dat blankes in SA hulself beheer. Ons word onder ‘n vergrootglas gesit en geteer en geveer. In hierdie land word net sekere mense beskerm en wat ook al die twee seuns gesê of gedoen het, hulle sal nooit gestraf word nie en boonop nog op ‘n verhoog gesit word en geprys word, hul word gesien as onskuldig. Ongelukkig is ons blankes altyd die verkeerde partye, al is hul eie of hul familie se lewens in gevaar. Ons sien dit daagliks gebeur……

Schalk ·

Ongelukkig is dit omdat ons een of ander tyd genoeg gehad het. Die ander wang kan net soveel keer gedraai word

Goldy ·

Dis of dit, of ons kan maar opkrul in fetusposisie. Tyd om onsself te beskerm en oor ons eie lot te besluit, want die ANC haat ons soos bewys deur verskeie wetgewing en hofuitsprake.

Harley Davidson ·

Hier is die probleem,waneer wit en swart betrokke is moet kleur vergeet word en die saak op meriete geneem word,’n voorbeeld is malema wat ‘n wit polisie offisier op kamera aanrand net soos in hierdie geval maar hy word onskuldig bevind ,hoe verduidelik jy dit?

George ·

Maar Harley , hier is dit op video. Wies verkeerd, wie doen wat op die video?

Goldy ·

Maar wat van die tienerseuns wat die jong meisie geterroriseer het? Ek dog geweld teeen vroue en kinders is belangrik. Die regsisteem het heeltemal kredietwaardigheid verloor.

Di ·

Meeste van hierdie gevalle gebeur omdat die aanhitsers daarop uit is om mense so uit te tart dat die persoon sy humeur verloor en onbesonne dinge aanvang. TIPIES van sekeres in hierdie land

Danie ·

Een ding in my lewe geleer jy maak nie jou hande of vuiste vuil nie.Jy daal ook nie tot hulle vlak nie.Hoe groot die temtation ook al is hou jou mond en loop weg.Die regte tyd en plek gebruik dit.

Pieter J ·

Mense verstaan blykbaar nog nie mooi hoe werk dinge en veral wetstoepassing en die regbank tans in SA nie. Hier in ons mooi land moet jy deesdae jou kop en nie jou vuiste gebruik nie.

Delia ·

Sometimes you must just your fight. Betaal die boete en gaan aan met jou lewe. Vir vrede in jou hart en gesin.

Antonk ·

Dis snaaks.Elke keer as dit wit teen swart is dan is dit op selfoon vasgelê,maar as dit swart teen wit is dan is daar geen videos nie.

Danie ·

ja nee die 2 ‘victims’ het die moeilikheid begin maar nou moet die man wat homself en sy gesin wou beskerm aan die kortste end trek. Die wet is mos net vir sekere mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.