Man gevonnis oor polisiesersant se moord

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Dumile Clayton Ndzombana (34) is in die hooggeregshof in Gqeberha lewenslange tronkstraf opgelê op aanklag van moord, 15 jaar op aanklag van huisroof en agt jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die saak hou verband met die moord op sers. Kolela van die teenbende-eenheid in Gqeberha. “Sers. Kolela en ao. Ngete het op 12 Augustus 2020 ʼn verdagte voertuig opgemerk wat by ʼn rooftog in Kabegapark betrokke was,” sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Toe hulle die voertuig nader, het verdagtes uit die voertuig gespring en weggehardloop. “Een van die verdagtes was gewapen en hy het skote op die beamptes gevuur. Sers. Kolela is noodlottig beseer.”

Die verdagte is agternagesit en in hegtenis geneem.

Die voorval het op die hoek van Mission- en Stanfordweg in Bethelsdorp plaasgevind. Ndzombana was deurgaans in aanhouding. Hy is op 15 Februarie skuldig bevind en op 17 Februarie gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Nou verstaan ek nie vir een moord kry jy lewenslank en vir drie moorde 25 jaar. Vir vyf moorde kry jy dalk net ‘n raps op jou hand.

Cherokee ·

Die tronkstraf wat reeds uitgedien is, moet by sy vonnis gevoeg word, om te betaal vir verblyf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.