Man gevonnis vir aandeel in Maselspoort-bakleiery

‘n Skermgreep uit die video op sosiale media.

Kobus Klaassen van Bloemfontein is Maandag in die streekhof gevonnis vir sy betrokkenheid by die bakleiery wat verlede jaar op Kersdag by die Maselspoort-vakansieoord tussen drie volwasse mans en twee tienerseuns uitgebreek het.

Klaassen is op aanklag van poging tot moord gevonnis tot ʼn boete van R20 000 of twee jaar direkte tronkstraf nadat hy ʼn pleitooreenkoms aangegaan het.

Klaassen is ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir aanranding. Dié vonnis is egter in geheel vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat Klaassen gedurende dié tydperk nie skuldig bevind word aan aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer óf poging tot moord nie, sê Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat.

Die vonnis volg enkele maande nadat Jan Stephanus van der Westhuizen in Mei ʼn boete van R4 000 of 12 maande tronkstraf opgelê is vir sy betrokkenheid by die bakleiery wat op 25 Desember 2022 by ʼn openbare swembad plaasgevind het.

Van der Westhuizen is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer op ʼn klag van aanranding skuldig bevind word nie.

Ook Van der Westhuizen het skuld beken.

Die saak teen hul medebeskuldigde, Johan Nel, duur voort.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die bakleiery is verlede Desember wyd op sosiale media versprei en het eindelik ʼn sogenaamde rasherrie veroorsaak. In die video kan gesien word hoe die drie wit volwasse mans en twee swart seuns in ʼn onderonsie betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Vonkprop ·

En die wat uitlok kom altyd niks oor nie. Hierdie voorval was definitief nie eensydig nie.

Bolandse Nooi ·

Maar, jy sien, daar moet ons blanke mense mos maar ook weet …. maak nie saak wát jy doen of sê nie, jy gaan die een wees wat verkeerd is. Dis hoekom – ek knoop oor hulle in die privaatheid van my huis, maar in die openbaar DINK ek wat ek wil, maar ek DOEN nie wat ek wil nie, want ek is nie lus vir tjol nie. Die feit bly staan – en dit kan niemand ontken nie – ons IS die intelligenter groepering, danksy – of as gevolg van – ons [meer-ontwikkelde] Europese bloedlyn.

Truman Burbank ·

Dankbaar dit is opgeskort. Want niemand het nog die volledige video gesien nie

Mnr De Beer ·

Ek stem saam hier. N volledige video sou baie insig gegee het oor wat gebeur het en hoekom. Dit sou ook die saak baie maklik en vinniger gemaak het om op te los met meer bewyse.

Misky ·

Dit is maar al te graag uitgelaat dat die 2 tienerseuns die man se klein dogtertjie in die swenbad wou stamp en wie het eerste begin dreig. Baie eensydig en deesdae laat hulle mens geen ander keuse as om maar net ‘n skuld erkentenis aan te gaan en dit agter die rug te kry nie.

Elize ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nog na openbare swembaddens toe gegaan word. Weet mos hierdie wesens is net daar om moeilikheid te soek en te bemors en vernietig. Hoe kan mens in sulke water ingaan?

Blomkind ·

Dis seker maar hoekom mens nêrens heen meer wil gaan nie…Want jy word uitgelok moeswillig en as jy jou bek rek dan word jy gestraf…

Koen ·

Smaak my jy wil hê iets moet gebeur. Behandel almal met respek en jy sal niks oorkom nie. Probeer, al is dit moeilik vir jou om respek te betoon.

Antjiese5c ·

100% Koen, Leef en laat leef. Gee respek en respek word terug gegee. Te veel mense dink hul is beter as ander en dat die hele wereld hul iets skuld.

Richard ·

Hierdie moet waarskuwing wees vir julle manne met kort lonte. Stap liewer weg as om kwaad te word.

Blomkind ·

Beste is, bly eerder by die huis…Want al stap jy weg, sal hy jou nogsteeds uitlok…

Delia ·

Ag nee wat, hoe wil jy nou n gevangene in jou eie huis woon. En jy oordryf so effens.

Antjiese5c ·

Nee Elize Delia doen glad n ie, Delia het n verstand wat weet ons is beter as niemand net oor hul n ander vel kleur is. Groot mans vat kinders aan en julle probeer hul opdrag verdedig. Gee respek en respek sal vir jou gegee word.

bolletjie blom ·

En ja die wat die “instigators” was kom skotvry daarvan af.

Dewald ·

Wat verwag jy gaan gebeur as daar drank betrokke is. Ongelukkig buit die ander landsburgers dit uit. “Hier is wit ooms, lekker getrek, kom ons gee Julius iets om oor te praat “.

Karoo ·

Ons is nou op die spreekwoordelike agtervoet…. so…. moet nie iets onosel gaan staan en doen nie, niemand kan dan simpatie met jou he nie, al is jy dalk “reg”

Bolandse Nooi ·

POGING TOT MOORD?????????????????????? ‘n Paar vuishoue en ‘n dwarsklap (ek wou die s-woord gebruik, maar dan sal MM my blok) en ‘n klag van POGING TOT MOORD word aanhangig gemaak … Wow, “the wonderful, new, racist South Africa”!!! Kyk, hulle kan jou die woord “Boer” toesnou, maar maggies, jy mag hom nie eens skuins aankyk nie. Nee, o heilige land weet, hierdie land sal nooit weer wees wat dit was nie.

Lizl ·

En die arme bloedjies het natuurlik doodonskuldig op die rand van die swembad gesit en roomys eet toe die nare omies hulle sommer uit die bloute aanval….

Elize ·

Het ook al om my tande gebyt dat dit voel of hulle kraak oor hierdie wesens se uitdagende houding. Kyk jou in die oë en probeer jou uitlok om iets te sê. Om hulle te ignoreer is nie vir hulle genoeg nie en word die uittarting net groter. Gelukkig kon ek tot nou my humeur in toom hou en net aanbeweeg

Papsak ·

Ag asb poging tot moord julle weet nie waarvan julle praat nie dit was n paar vuis houe of n paar klappe bou n brug kom oor julle self maar hulle mag ons aanrand en dood maak dan sien julle niks ernstig daarin nie en hulle sal nieaan gekla word nie los die man uit

Antjiese5c ·

” dit was n paar vuis houe of n paar klappe bou n brug kom oor julle self ” Wat as dit jou kinders was wat deur n volwasse aangerand is? sou jy ook n brug bou en oor dit kom?

Lee T ·

Wat gaan die vonnis wees vir die rooiligbrigade wat die manne op die snelweg aangerand het??? Wonder maar net..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.