Man in hof ná hy glo jok om polisiebegeleiding te kry

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn 24-jarige man het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, of alternatiewelik vervalsing en uitgifte, nadat hy hom glo as ʼn werknemer van die Verenigde Nasies (VN) voorgedoen het om polisiebegeleiding te kry.

Volgens die Valke het Nhlanhla Sizani tydens die plaaslike verkiesings in 2021 ʼn bedrieglike brief met die VN se kentekens ingedien om polisiebegeleiding na stemlokale vir die duur van die verkiesing te versoek.

Sizani het hom na bewering as ʼn ambassadeur of diplomaat van die VN wanvoorgestel en is dus as waarnemer deur die polisie se diplomatieke eenheid na verskeie stemlokale begelei.

Die VN het tydens ʼn ondersoek deur die Valke se eenheid vir misdaad teen die staat bevestig dat Sizani nie ʼn ambassadeur of diplomaat is nie en dat die versoek vir begeleiding nie deur hulle aangevra is nie. Die SAPD het ʼn finansiële verlies gely weens die wanvoorstelling.

Die saak is tot 23 Januarie uitgestel vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Drikus ·

Hy gaan dit nog vir sy kleinkinders vertel, dit is nou regtig nie so erg nie, dit is nou poets bak op sy beste .. ! Maar hy sal maar die staf moet vat wat na sy kant toe kom :).

Philip ·

As jy begeleiding van SA se polisie wil he is jy maar met min tevrede…

es ·

Wie op dees aarde wil polisie begeleiding he, en dit na stem lokale….om wat daar te soek, behalwe as jy stem, by een plek???? Verstaan nie die motivering nie….

Niklaas ·

Heel briljant van die man. Hy weet meer van protokol as ek en ek sal dom voel in sy teenwoordigheid.

AREND1 ·

Nou deesdae is dit maklik om so iets te doen.Voorheen sou jy dit nie gewaag het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.