Man ‘in twee geruk’ toe trein hom tref

Die toneel. Foto: Facebook via Rescue Unit South Africa.

ʼn Inwoner van Tongaat in KwaZulu-Natal is Vrydagoggend dood toe ʼn trein in Temple Valley kom raakgery het.

Rescue Unit South Africa (Rusa) het in ʼn verklaring gesê sy beamptes is teen 07:07 na die toneel ontbied deur lede van die publiek wat die voorval gesien het. Die man was glo op pad werk toe toe die voorval plaasgevind het.

“Toe paramedici by die toneel aankom het hul die oorledene se liggaam aangetref waar dit in twee geruk is. Die oorledene se oorskot is sowat 100 m verder van waar die voorval plaasgevind het, aangetref,” lui die verklaring.

Volgens ooggetuies het die slagoffer ʼn kortpad na sy werk in Lotusville geneem. “Dit word beweer dat hy oorfone op gehad het en na musiek geluister het en daarom nie die aankomende trein gehoor het nie.”

Die polisie het die voorval en die man se identiteit aan Maroela Media bevestig. “Ons kan die voorval bevestig maar ons beamptes is steeds op die toneel.”

Die toneel. Foto: Facebook via Rescue Unit South Africa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lientjie ·

Ja oorfone is ‘n lelike ding dit maak jou blind ook, want gewoontlik kan hulle niks sien ook nie!

Pikkewyn ·

Stem met jou saam.Sien dit elke dag wat hul so loop en dan in middel van pad en jy moet maar nt uitswaai of stop as jy hulle ni wil raak ry ni.

Leeutjie ·

Ai siestog man! dit is sleg en wreed!!!! Op pad werk toe en word grusaam vermink…. dis tragies.

Katvis ·

Dit is baie sleg. Kan maar net dink hoe bevooreg baie mense is om nie in sulke omstandighede te wees om elke dag te voet werk toe te loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.