ʼn Man is Sondagoggend aan die Oos-Rand teen 209km/h vasgetrek, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
Insp. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die 35-jarige man het in ʼn Mercedes Benz gery en is deur metropolisielede agternagesit. Volgens Mokheseng het die man aan die beamptes gesê hy het gejaag om by sy vrou uit te kom.
Die man is een van vyf bestuurders wat Sondag op die N17 in Brakpan in hegtenis geneem is. Die ander bestuurders het tussen 168km/h en 181km/h in ʼn 120km/h-sone gery.
Die bestuurder is almal van roekelose en nalatige bestuur aangekla en sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn.
why do they build vehicles that can drive 200+ when the spead limit on the highways are only 120kmph?….. Lead them not into temptation….. This might be a stupid question, just asking…..
Ja-nee, dis ‘n goeie vraag. Gelukkig is daar cruise control…;)
@Grotman
Autobahn – google dit, dit sal jou vraag beantwoord.
In sommige lande besef die regerings en mense dat hoë spoed nie inherent ‘n probleem is nie.
Gaan lees maar oor die oorsprong van snelheidsbeperkinge op snelweë – dit kom eintlik van ‘n histeriese media-veldtog deur die Daily Mail in Brittanje af, nadat Carrol Shelby sy Cobra-prototipes destyds op die Britse snelweë getoets het.
Duidelik was hy banger vir sy vrou as om ‘n kaartjie te kry… :) :)
Grotman, I agree.
So ‘n gelukkige vrou! My man sal nòòit die spoed oortree om by my uit te kom nie. Hy sal eerder beboet word omdat hy die verkeer ophou. :-)
Hoe lekker lag ek nou!
Was dit nood / uittarting of wil hy maar net wys wat steek in i MERC.