ʼn 56-jarige man is in ʼn kritieke toestand en ʼn driejarige meisie is Dinsdagaand beseer nadat honde hulle in Athlone in Kaapstad aangeval het.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die man en meisie was in hul erf toe twee honde skielik oor die muur gespring het. “Die meisie, wat slegs geringe beserings opgedoen het, is reeds deur ʼn lid van die gesin na die Rooikruishospitaal geneem toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die man het op die grond gelê. Hy was by sy volle bewussyn.”
Die man het vermoedelik die meisie probeer beskerm toe die honde hom verskeur het. Hy het verskeie beserings opgedoen. “Hy is na Vincent Pallotti-hospitaal geneem,” het Van Huyssteen bygevoeg.
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Watter honde ras was verantwoordelik vir die aanval.Ek vermoed dit was weer n pitbull maar die feite ai die feite
Dis vreesaanjaend. Arme mense, ek hoop die man herstel. Dalk het die honde hondsdolheid gehad.
Nietemin as daar ñ ander rede is, soos om aggresiewe honde te hê om jou gesin en eiendom te beskerm, is dit maar net nog ñ teken hoe onveilig burgers voel.
Honde spring nie sommer net van een erf na ‘n ander nie. Hulle tree meestal so op as hulle iets soos siektes onder lede het of as hulle aanhoudend getreg / geboelie word. Tyd sal leer wat daar gebeur het.
die probleem is nie die ras van die honde nie, maar eerder hoe en hoekom die honde in ‘n ander erf ingekom het? waar was hulle eienaars en hoekom was hulle nie toegemaak in hulle eie erf nie?
Ek hoop die mense word vir hondsdolheid behandel. Hier was ‘n hengse uitbreek laasjaar vir ‘n hele paar maande en heelwat mense is gebyt en moes behandeling ontvang.