Man langs pad op ‘teregstellingswyse’ doodgeskiet

Die oorlede man se bakkie (Foto: Heritage Protection Group, Facebook)

ʼn Man is Woensdag oënskynlik koelbloedig doodgeskiet op die Marken-pad in die omgewing van Mokopane, Limpopo.

Volgens die Heritage Protection Group (HPG), ʼn niewinsgewende organisasie wat misdaad bekamp, het die man (55) sowat 5 km buite Mokopane met sy Toyota-dubbelkajuitbakkie van die pad afgetrek nadat die voertuig oorverhit het.

“Volgens ooggetuies het ’n wit bakkie langs die man stilgehou en hom koelbloedig op ’n kort afstand geskiet, waarna die twee verdagtes uitgeklim en vermoedelik net ’n pistool gebuit het,” sê HPG.

“Die verdagtes het daarna in die voertuig gespring en in die rigting van Marken gejaag.”

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die man se lewelose liggaam op die grond langs die bakkie aangetref.

Die polisie het twee jaggewere, ammunisie, klere, water, whisky en slaapklere in die oorledene se bakkie aangetref. Dit lyk asof hy op pad was om te gaan jag (Foto: Heritage Protection Group, Facebook)

“Die man het met sy gesig na bo gelê en daar was bloed op sy kop en gesig,” sê Seabi.

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat ’n beeswagter in die omgewing ’n geweerskoot gehoor en ’n wit Nissan-bakkie met ’n sleepwa opgemerk het, wat van die misdaadtoneel in die rigting van Marken weggejaag het. Dit is vermoedelik die bakkie waarin die verdagtes gery het.

“Die motief vir die aanval en die daaropvolgende moord is in hierdie stadium onbekend.”

’n Patroondoppie is op die toneel gevind, maar die fabrikaat van die vuurwapen is nog nie vasgestel nie.

“Die polisie het twee jaggewere, ammunisie, klere, water, whisky en slaapklere in die oorledene se bakkie aangetref. Dit lyk asof hy op pad was om te gaan jag.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die speurbevelvoerder van die Mahwelereng-polisiestasie, kapt. Shimane Alfred, by 071 678 3305 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hannelie ·

GEMORS!!!! Gaan die President eers wag dat die hele land uitgeroei word deur hierdie gepeupel, VOOR hy die doodstraf inbring?????
Hoe lank nog mnr die President?????????? Of hou jy jou blind vir wat in hierdie wettelose land gebeur.

Frank ·

Met die MRK en feitlik hele regering wat wittes vir alles blameer sal ek nie juis die regering en howe die mag oor doodstraf besluite gee nie, of dink jy dat, anders as feitlik enigiets, die doodstraf regverdig en sonder aansiens en ras toegepas sal word?

Twallie ·

Definitief, hulle sal dit gebruik as ‘n wettige wyse om meer wittes te vermoor. Hulle sal nie hul eie mense teregstel nie.

Dis hoekom ek net my kop skud as mense sê die doodstraf moet terugkom, want hulle dink nie aan die gevolge nie.

Leana ·

Die President is te besig om sy eie alie te “cover”, hy kan nie nou nog aandag gee aan die gemors in die land en Cele wat niks doen nie.

Koen ·

en jy dink dat die regering hulle eie mense gaan hang. Jy is baie naiif.

Cherokee ·

Hannelie, meer kommentators as net jy praat asof die president alleen soveel sê het. Julle praat asof hy ‘n alleenheerser is. Dit is nie die geval nie. Meer mense sal daaroor besluit indien dit ter sprake sou wees. Jy is heeltemal reg met wat jy wil hê. Mense wat daarteen praat redeneer sinneloos.

Swerwer ·

Sò sò hartseer! Hoekom , hoekom sal hierdie nikswerd regering ooit aandag skenk aan misdaad in ons land. Die wiel draai, stadig maar seker, wie laaste lag, lag die lekkerste. Mag hier daadwerklik ‘n ingryping in ons land plaasvind. Innige Simpatie en meegevoel met die oorledene se naasbestaandes.

Frank John ·

Dit klink soos ‘n teregstelling, voorbedagterade, beplande moord.

Christine ·

Ai dis hartseer…. Seker net omdat die jagter blank was en hulle agter sy vuurwapen aan was.

AmY ·

Mafiastaat waarin ons woon.
Mag die Vader behoed dat ek nooit ooit langs die pad gestrand raak nie.
Vandag help hulle jou nie, hulle skiet jou koelbloedig dood sonder om eens vrae te vra

Mieliestronk ·

Hoe bly mens positief? My kind is gemolesteer, ons land het verval, ons het net mekaar. ‘N emosionele oorlog woed in elkeen. Ons regering het van ons vergeet.

Lourens ·

Nie-winsgewend: maak gedurende die oorsigtydperk ‘n verlies, maar is in bedryf met die doel om wins maak.
Nie-winsbejag: glad nie ten doel om wins te maak nie, maar kan toevallig ‘n oorskot van ontvangstes bo uitgawes toon.

PersHeks ·

en toe breek die tak nog voordat jy by die boom uitgekom het….

JM ·

Die satan is behoorlik los in die land! Die misdaad skree ten hemele!

LD ·

Dis vreeslik hartseer! En hier ry ons en baie ander mense die pad elke dag! Waar gaan dit eindig?!?

WILLEM ·

Moord is deesdae n sport – mens kan nie waag om langs.’n pad stil te hou nie. Mnr Ramamphoza jy moet JOU MENSE in toom hou – bring die doodstraf terug, GENOEG IS GENOEG!!

Francois ·

Almal vra egter dat #JacoSwart ook iets aangedoen moet word.? Dubbel standaarde?

casper ·

Staats ondersteunde volksmoord !!
Bring terug die doodstraf !!!!!

Nationalist ·

Help ook nie as die regering (wat vol kriminele is) ander soortgelyke beskerm.

Antonk ·

Terwyl hy besig was met die bakkie.Het sy wapen seker gewys langs sy sy en as hulle ʼn wapen sien dan wil hulle hom net hê.

Kokerboom ·

Ons land is in ‘n staat van lae intensiteit oorlog..word wakker mense

Dries ·

Ek herhaal op vorige soortgelyke berigte. My grootste vrees is om n pap wiel te kry weens al die slaggate. Jy is n oop teiken vir roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.