ʼn 31-jarige man is Saterdagaand met ʼn gebreekte bottel in die Johannesburgse middestad doodgesteek.
Ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is op die hoek van Ntemi Piliso- en Mainstraat in sy bolyf gesteek. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“ʼn 34-jarige man het van die toneel af weggehardloop, maar is kort daarna in die omgewing deur die polisie vasgetrek en in hegtenis geneem,” het Mbele gesê.
Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Wilde weste
Diè keer is dit moord & niè aanranding of iets dergeliks nie…