Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Vrydagoggend in Edenparkweg in Pietermaritzburg plaasgevind.
“ʼn Vragmotor wat rolle doringdraad vervoer het, het na bewering verby die man gery en hy is aan ʼn stuk doringdraad vasgevang wat van die vragmotor af gehang het. Die man is ongeveer 50 m agter die vragmotor aan gesleep voordat hy daarin kon slaag om homself los te kry,” het Rossouw gesê.
Volgens Rossouw was die vragmotor nie meer op die toneel toe paramedici daar aangekom het nie en het die bestuurder vermoedelik van die toneel af gevlug.
“Ons het die pasiënt gevind waar hy op sy rug langs die pad gelê het. Hy het erge snywonde aan sy arms en bene opgedoen. Die man is op die toneel behandel voordat hy na die Edendale-hospitaal gehaas is.”
Dis verskriklik! En vir die bestuurder om net weg te jaag – absoluut walglik!
Daar is nie ‘n Edenparkweg in Pietermaritzburg nie. Ek vermoed die berig bedoel Edendaleweg. Lg. was die ou naam van die betrokke pad, wat nou as Selby Msimang-weg bekend staan.
Ek glo nie die bestuurder het eers geweet die man het vasgehaak en saamgesleep nie!!! Ek bestuur self n vragmotor!!