Landdros Andre Geldenhuys het Dumisani Mlimi (26) tot 45 jaar tronkstraf gevonnis. Mlimi het op 26 Julie 2011 die bejaarde vrou aangeval en verkrag. Hy het haar ook van haar selfoon en kontant beroof.
Mlimi het ook vroeër dieselfde dag ʼn vrou aangeval en beroof. Hy het ook nadat hy die bejaarde vrou verkrag het, nog ʼn vrou aangeval. Lede van die gemeenskap het tot haar redding gekom en Mlimi aangerand.
Volgens Geldenhuys het Mlimi nie berou getoon vir sy dade nie en is hy ʼn gevaar vir die samelewing.
45 JAAR!! BIG DEAL!!! Na 8 jaar word hy op parool vrygelaat. MARK MY WORDS!!!