Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in die Madadeni-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Volgens Zwane het die verkragting in 2013 in die Osizweni-gebied plaasgevind. Die meisie het saam met vriende gespeel toe sy deur die man geroep en in ʼn toilet verkrag is. Die man het vir haar R1 gegee en haar laat belowe dat sy niemand van die verkragting sal vertel nie.
Zwane het gesê die meisie se ma het haar later die aand gebad en gesien sy het beserings waarna die meisie haar ma van die verkragting vertel het.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir die ondersoek wat tot die suksesvolle vervolging van die verkragter gelei het.
Ek lees al hoe meer van swaar strawwe wat die verkragters en moordenaars kry. Baie bly om dit hoor en ek hoop dat ons regstelsel van krag tot krag sal gaan om met hierdie strawwe voort te gaan
Dis in sulke gevalle wat wens die doodstraf is nie weggeneem nie. O wag, dis mos barbaars!!!
Ek baie bly vir vonnis wens net die regter daar kan Oosrand toe kom want hier word sake uitgegooi want hul verskoning kinders te klein om te getuig.
Uitstekende werk – baie geluk aan die genoemde Eenheid. Kan mens dalk die regter/landdros kloon?