Man sterf in suikerriet-brand

Argieffoto van suikerriet-plantasie

Argieffoto van suikerriet-plantasie

ʼn Man het Woensdag verkool terwyl hy voorbrand gemaak het by ʼn suikerrietplantasie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het naby Tongaat plaasgevind. “Die man was deel van ʼn groep wat suikerriet gebrand het, en is deur die vlamme omsingel,” het Botha gesê.

Die man het 90%-brandwonde opgedoen en was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Paramedici het lank probeer om die man te stabiliseer, maar hy is ongelukkig op die toneel dood,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.