Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 13:40 na die toneel in eTafuleni ontbied. Daar het die man se kollegas hulle ingewag en hulle gewys waar ʼn padskraper ʼn ver ent by ʼn wal afgerol het.
“Paramedici kon nie met ʼn ambulans by die toneel kom nie en moes hul toerusting by die wal afdra,” het Vermaak gesê. “Toe hulle onder kom, het hulle egter gevind dat die man reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het.”
Volgens ooggetuies het die man die padskraper naby die wal bestuur en vermoedelik beheer verloor. Die padskraper het gerol en hy het uitgeval en onder die masjien beland.
Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.