Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op die R64, ook bekend as die ou Kimberley-pad, in Bloemfontein gebeur.
“Die bestuurder van die insleepvragmotor het op die middelmannetjie gestaan en was besig om ʼn motor op die vragmotor te laai. ʼn Motor het skielik van die pad af geswenk en teen hom vasgejaag,” het Botha gesê.
Die vragmotorbestuurder is tussen die vragmotor en die motor vasgepen. Paramedici het lank gespook om die man, vermoedelik in sy vyftigs, op die toneel te stabiliseer. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy aan sy uitgebreide beserings beswyk het.
Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word, het Botha gesê.
Ai hul moet regtig mense wat nie kan bestuur nie of n vervalste lisensie het van die paaie af hou!Is omdat almal net wil jaag.