ʼn Man, vermoedelik 28 jaar oud, is dood nadat hy Dinsdagmiddag in Eldoraigne in Centurion deur weerlig getref is.
“Die man het op ʼn dak gelê toe paramedici omstreeks 16:30 by die toneel opgedaag het,” het Inke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”
Nog ʼn man het geringe beserings opgedoen. Hy het hospitaalbehandeling geweier.
“Die twee mans het vermoedelik op die dak gewerk toe ʼn weerligstraal hulle getref het. Verdere inligting is nie in hierdie stadium bekend nie.”
Ek is so bang vir weerlig ek kan dit nie oor vertel nie.
En dit kom van my kinder dae af al.
Ek vlug as die weerlig begin.
Respek vir weerlig is ‘n goeie ding. Bly weg van hoogtes en onder bome, liefs binnenshuis of jou motor. Ek het 4 honde waarvan 3 al blaffende hardloop en met die donderslae wil baklei. So ook met klappers. Die 4e hond wou net wegkruip maar het ook aangesteek. Nou is daar 4 wat uit die huis storm sodra die eerste sweepslag klap.
Ek het 3 groot kollie honde. 2 jaag die donderweer en klappers. Die 3de een soek eerder skuiling.