Man tronk toe wat Loteryraad bedrieg   

hof-hamer

(Argieffoto)

Christopher Tshivule (46) is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die Nasionale Loteryraad uit meer as R1,5 miljoen bedrieg het.

Die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge het getuienis aangehoor van hoe Tshivule ʼn nie-winsgewende organisasie genaamd The Message gekaap het nadat die voorsitter van die organisasie ʼn raadsvergadering belê en die voorstel bespreek het om die Nasionale Loteryraad vir finansiering te nader.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die raad die idee ondersteun en is die nodige dokumentasie aan Tshivule oorhandig nadat hy aangevoer het dat hy ʼn bestuurder by die Nasionale Loteryraad ken wat hulle kan help om die finansiering te bekom.

Die voorsitter van die organisasie het later navraag gedoen toe die finansiering nog nie ontvang is nie waarna hy meegedeel is dat die aansoek wel goedgekeur is en in ʼn rekening inbetaal is waarvan Tshivhule die enigste ondertekenaar was.

Luidens die toelae-aansoekvorm het Tshivule homself as die voorsitter van die organisasie voorgestel, en aansoek gedoen om finansiering ten bedrae van R3 miljoen vir onder meer die organisering van ʼn tradisionele kunstefees. Befondsing ter waarde van R1,575 miljoen is toegestaan en uitbetaal.

Die hof het gehoor Tshivule is deur hebsug gedryf is toe hy die geld, wat bedoel was om die gemeenskap van Bekkersdal op te hef, gesteel het. Die staatsaanklaer het aangevoer die Nasionale Loteryraad is op die rand van ineenstorting as gevolg van gierige individue soos Tshivule.

Landdros Brian Nemavhidi het daarop gewys dat witboordjiemisdade kommerwekkende afmetings aanneem en dat howe ʼn boodskap moet stuur dat misdaad swaar gestraf sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoekom is hy so vinnig tronk toe en die kaders wat bedrog pleeg van biljoene loo vry rond?

Quinzie ·

As jy skelmer as die staat is word jy gevang en toegesluit !

Chris dupreez ·

Hy is nie een van die kaders nie, en word onder die bus gegooi

Marcello ·

Hy is nie een van die KADERS nie, dit is wie jy ken, nie wie jy is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.