
Rescue Care-paramedikus Phumlani Jula behandel die pasiënt wat in die boom beland het (Foto: Rescue Care)
Drie mans is Sondagmiddag beseer, waarvan een kritieke beserings opgedoen het, ná ʼn ongeluk op die M7 in die rigting van Durban.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het omstreeks 14:30 naby die Winston Churchill-afrit plaasgevind.
“Die bestuurder van ʼn bakkie het beheer verloor oor die voertuig en dit het teen ʼn steilte afgerol. Terwyl die bakkie gerol het, is al drie insittendes uit die voertuig geslinger. Die bestuurder het in ʼn boom beland. Hy het matige beserings opgedoen.”
Die Durban-brandweer, bygestaan deur die gemeenskap, en paramedici van Rescue Care het ʼn leer gebruik om by die pasiënt uit te kom voor hy na veiligheid gebring is.
Een passasier het kritieke beserings opgedoen. Hy het in die stadige baan gelê.
“Die drie persone is op die toneel gestabiliseer voor hulle na die Lenmed Ethekweni-hospitaal geneem is vir dringende behandeling.”
Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
- Foto: Rescue Care
- Foto: Rescue Care
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Of beide.
In die boom BELAND of het in die boom GEKLIM? Lyk vir my na GEKLIM!
hyt teen die boom beland en nie geweet watter kant is op of af nie, toe klim hy maar
Klink my nie een van daai 3 insittendes het hul veiligheidsgordel gedra nie. Seker gedink so iets sal noooooit met húlle gebeur nie!?!?
Klink vir my of die bestuurder letterlik en figuurlik deur die blare was daarna :-D