Man van Centurion in huis vermoor

Die man se motor is Saterdag in Laudium gevind.

Die liggaam van ’n man (59) is Saterdagoggend in sy huis in Erasmia in die noordelike buitewyke van Centurion aangetref.

Die man se hande was agter sy rug vasgebind. Die huis was geplunder. Die man se motor, ’n wit Mercedes-Benz, is vroeg vanoggend verlate in Laudium, wes van Pretoria, gevind.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê dit lyk nie of daar enige gedwonge toegang tot die huis verkry is nie.

Dit is ook nie in dié stadium duidelik of daar enigiets by die huis, behalwe die motor, gesteel is nie.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting rakende die moord by die naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 1011 aan te meld.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.