Man van Somerset-Wes ernstig gewond in rooftog

(Argieffoto: Nico Strydom)

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van huisroof nadat twee gewapende mans ʼn gesin vroeër die week in die vroeë oggendure in hul huis in Somerset-Wes oorval en beroof het. Een van die lede van die gesin is tydens die voorval vasgebind terwyl ʼn ander een met ʼn voorwerp oor die kop geslaan is.

Hoewel besonderhede rakende die voorval nog skraps is, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê die gesin het Donderdag omstreeks 00:30 van ʼn vreemde geluid in die huis wakker geword.

Volgens Rwexana het die gesin ondersoek gaan instel. Dit is toe dat die twee rowers die een lid van die gesin vasgebind en ʼn ander een, ʼn 50-jarige man, oor die kop geslaan het voordat hulle met persoonlike besittings en kontant op die vlug geslaan het. Die slagoffer is in ʼn hospitaal met ernstige kopbeserings opgeneem, het Rwexana gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die ondersoekbeampte by 021 850 1302 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Dagvaar minister van polisie. Hy doen nie sy werk om Suid afrikaners beskerming te gee nie

Anel ·

Hoe moet mens op die uitkyk wees? Daar is dan geen beskrywing nie? Vergelyk dit met die berig oor die ma wat ontvoer is. Geen wonder niemand kan gevang word nie.

4ntj13 ·

Watse inligting verwag SAPS? Dink hulle wraggies iemand sal vorendag kom aan wie erken is hy het die misdaad uitgevoer? Absurd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.